Luister nou

Veearts getuig oor toestand van diere op Thandi Modise se plaas

Deur Pretoria FM Nuusspan

28 April 2021

Die speaker in die parlement, Thandi Modise verskyn vandag in die streekhof in Potchefstroom in verband met aanklagte van dieremishandeling en verwaarlosing.

Dit kom nadat plaasdiere in ‘n baie swak toestand in Julie 2014 op haar plaas gevind is. Foto’s van karkasse en uitgeteerde plaasdiere is vroeër vanoggend in die hof gewys.

AfriForum se privaatvervolgingseenheid vervolg Modise namens die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings.

Sy het ontken dat sy die diere mishandel en verwaarloos het en meen sy het ‘n plaasbestuurder aangestel om na haar plaas om te sien. Volgens haar was sy nie bewus van wat op haar plaas aangaan nie.

‘n Plaaslike veearts in Potchefstroom, dr. Sameer Abbas, wat destyds op die plaas was en foto’s van die diere geneem het, getuig vandag oor die toestand waarin die diere gevind is.

Volgens hom was talle skape, varke en bokke ondervoed en kon van hulle nie regop staan nie. Abbas sê van die karkasse was op ‘n ver gevorderde stadium van ontbinding en meen hulle kon reeds sowat 18 maande voor Julie 2014 gevrek het.

Meer as 224 erg verswakte diere moes van kant gemaak word en daar was glo geen kos, water of behoorlike skuiling vir dié diere nie.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Gemini_Generated_Image_h4z9g2h4z9g2h4z9

Belfast: Groeiende uitbarsting verwag

Jacinta

Onwettige immigrante: Spanning verwag soos spertyd nader

Orania

Kampusprojek van R15 miljoen op Orania beplan

DinaErnstMarais

Kruger-moorde: 3e verdagte vasgetrek

Jana le Roux

“Vermaaklike” e-pos lok woede uit

Ander Nuus Artikels

Vector of USA and Iran flag with grunge texture background. This illustration is an EPS 10 file with contains transparency effects.
’n Vredesooreenkoms is tussen die VSA en Iran bereik
Boer tot bord
Impak van regulatoriese omgewing op voedselsekerheid
DA Kandidate
DA stel 70 kandidate in ANC-wyke
Gemini_Generated_Image_h4z9g2h4z9g2h4z9
Belfast: Groeiende uitbarsting verwag
Jacinta
Onwettige immigrante: Spanning verwag soos spertyd nader

Luister nou