Red Afrikaanse Radio
Ondersteun Pretoria FM
As gemeenskaps-radiostasie moet Pretoria FM elke vyf jaar heraansoek doen vir ʼn uitsaailisensie. As deel van hierdie proses moet Pretoria FM aan die Uitsaai-owerheid kan bewys dat daar breë ondersteuning vir ʼn Afrikaanse radiostasie uit ons gemeenskap is. Om hierdie rede het ons elke luisteraar se steun nodig.
Voltooi die vorm
Registreer as ʼn ondersteuner van Pretoria FM. Behou en versterk Afrikaanse gemeenskapsradio.


Pretoria FM se span lewer professionele raad en hulp met die saamstel en skedulering van 'n advertensie. Dit verseker dat ons met elke veldtog 'n merkbare toename in navrae en webtuistebesoekers ervaar. Pretoria FM se wye voetspoor en die feit dat die reaksie op veldtogte soveel beter is as by ander radiostasies, maak advertensies by Pretoria FM die moeite werd en 'n logiese keuse. Dit is 'n voorreg om saam met Pretoria FM 'n pad te stap!
Lucia van WykBeweging vir Christelik Volkseie Onderwys (BCVO) - Hoof Uitvoerende Beampte
OUTsurance werk al vanaf 2015 saam met Pretoria FM (toe hulle nog Radio Pretoria was). Die stasie lewer persoonlike diens en pas by jou, as kliënt, aan. Hulle admin is altyd 100% korrek, van die besprekingsproses tot by die maandelikse fakture. Dit is 'n plesier om saam met die Pretoria-FM span te werk.
Martie van der WaltOUTsurance Insurance Co Ltd - Team Manager Radio
Solar Man pty is al vir baie jare deel van PTAFm,Ons voel en is al reeds familie. Dis n riem onder die hart om deel hiervan te wees,die puik diens wat gepaard gaan met n diepgewortelde trots,laat dit ons geen ander keuse om die stasie te ondersteun nie.Die stasie bind mense saam en gee vir ons n stem, as Afrikaans sprekende mense.Dit gee vir ons hoop in hierdie tye waar ons dmv hierdie media saam kan staan.Vir die gemeenskap is Ptafm van onskatbare waarde en die resultate bewys dit. Solarman vind net baat by die dag..
Kitty Van HeerdenSOLARMAN (PTY) Ltd.
We would like to say thank you to Pretoria FM for always delivering quality service and affordable rates. They are always just a phone call or an email away and their turnaround time is astounding! They really know how to look after their clients. Would recommend PTA FM to any company who is serious about radio marketing.
Alexia Kristopher-KoenWeBuyCars (PTY) Ltd.