Luister nou

Kruger-moorde: 3e verdagte vasgetrek

Deur Walter Ernst

’n Derde verdagte is gister in Zimbabwe in hegtenis geneem in verband met die moord op die egpaar, Ernst Marais (71) en sy vrou, Dina (73), in die Nasionale Krugerwildtuin.

Die polisie sê dat ’n 26-jarige Mosambiekse burger, Macandze Lionel da Marta, oor die grens gevlug het nadat twee ander verdagtes vroeër vandeesmaand in Mosambiek vasgetrek is, waar die slagoffers se voertuig ook herwin is.

Die egpaar is op 20 Mei by Crooks Corner in die noordooste van die wildtuin vermoor. Toeriste het twee dae later op hul lyke op die oewer van die Limpoporivier afgekom.

Hul voertuig wat in Mosambiek opgespoor is, het tot die inhegtenisneming van die eerste verdagte in Chokwé in die suide van Mosambiek gelei. Die tweede verdagte is die dag daarna in Xai-Xai in die Gaza-provinsie in Mosambiek vasgetrek.

Die minister van bosbou, visserye en die omgewing, Willie Aucamp het die naatlose streeksamewerking tussen die polisie, Sanparke en die owerhede van Mosambiek en Zimbabwe geloof.

“Hierdie inhegtenisneming toon dat ons toewyding om elke individu wat by hierdie tragiese misdaad betrokke was, op te spoor en aan te keer onwrikbaar en vasberade was,” sê Aucamp.

Da Marta sal, nes die eerste twee beskuldigdes, ooreenkomstig die toepaslike wetlike en uitleweringsprosedures hanteer word. Hy gaan saam met die twee ander beskuldigdes op aanklagte van moord teregstaan.

Aucamp het beklemtoon dat die inhegtenisnemings as ’n duidelike waarskuwing moet dien aan enigiemand wat misdadige aktiwiteite binne die Nasionale Krugerwildtuin oorweeg.

“Dié soort optrede sal met die volle mag van die wet hanteer word en dat diegene wat verantwoordelik is, meedoënloos agtervolg en voor die gereg gebring sal word.”

 

 

 

 

 

 

Gewilde Nuus

Siviwe Gwarube - Daily Maverick

Minister word aangewys as een van TIME se 100 Next-leiers vir 2026

Israelse vlug - France 24

Israelse passasiers het ‘n noue ontkoming tydens vlug

Fotokrediet: Daily Maverick

Diplomatieke stappe teen Amerikaanse ambassadeur

plaasaanvalle - Maroela Media

Vryemarkstigting: Risiko vir moorde is groter vir boere

Lynnwood padwerke - The Citizen

Bouprojek in Lynnwoodweg vra nog drie maande

Ander Nuus Artikels

Thoughtful Portrait Among Bookshelf Shelves
Nee Kemp, regses is ook onverdraagsaam
Senzo Mchunu - The Witness
Die OB ondersoek Senzo Mchunu
Fotokrediet: Checkatrade
Die Tshwane-metro wil die krag teen vanaand herstel
Siviwe Gwarube - Daily Maverick
Minister word aangewys as een van TIME se 100 Next-leiers vir 2026
Israelse vlug - France 24
Israelse passasiers het ‘n noue ontkoming tydens vlug

Luister nou