Luister nou

“Tshwane-metro se begroting is ‘n reuse oorwinning vir oorwinnaars”

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die leier van ActionSA, Herman Mashaba sê die deurvoer van die Tshwane-metro se begroting is ‘n reuse oorwinning vir alle inwoners van die stad asook alle Suid-Afrikaners wat wil sien dat die land se hoofstad finansieel goed presteer.

Hy het die burgemeester in die Tshwane-metro, wat ‘n lid van ActionSA is, dr Nasiphi Moya gelukgewens met die begroting en meen dit is die eerste keer in haar termyn wat sy en haar burgemeesterskomiteelede ten volle staat kan maak op nét hierdie begroting om dienste te lewer.

Hy sê Moya, die adjunk-burgemeester, Eugene Modise en die ander lede kon vir die eerste keer in jare daarin slaag om ‘n volle befondsde begroting aan die raad voor te lê.

Mashaba sê die begroting is ‘n goeie prestasie omdat die metro, volgens hom, minder as ‘n jaar gelede byna bankrot was en die metro het sy skuld aan Eskom in vier jaar tot R7-miljard vermeerder.

Volgens Mashaba sal hierdie begroting ook beleggings besorg vir woongebiede wat “deur die vorige administrasie verwaarloos is.”

Van die belangrikste punte in die begroting is die R1,4-miljard wat opsy gesit is om die stad se water en elektrisiteit infrastruktuur op te gradeer. Die Tshwane-metropolisiediens en die stad se nooddienste kry ‘n R5,3-miljard inspuiting om “inwoners te beveilig.”

Verder sal 200 bykomende metropolisiebeamptes opgelei en ontplooi word.

One Response

  1. Daar is reeds 4 500 ‘onsigbare’ metropote. En nou nog 200 passasiers vir die soustrein.
    Intussen weier ongeveer 40 000 belastingbetalers om te hoes (dispute).
    Hierdie hansworse weet regtig nie hoe nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Bergview

Oudskoolhoof: Aantygings het blywende skade gelaat

BKS-inenting

Privaatsektor kry groen lig om BKS-entstof in SA te vervaardig

Medies - Netwerk24

Raad van Gesondheidsorgfinansiers vra hervorming

Siviwe Gwarube

Implementering van handboekkatalogus duur voort ondanks haakplekke

Fotokrediet: CBS

Die wit bevolking in Suid-Afrika is besig om te krimp

Ander Nuus Artikels

horses vs bikes 4
NDBV gryp in by perde-teen-motorfietse-uitdaging
Afrikaner-vlugtelinge
Trump-regering wil tot 17 500 Afrikaner-vlugtelinge in VSA toelaat
Fotokrediet: Netwerk24
15 Nuwe kruise by Witkruismonument opgerig
Bergview
Oudskoolhoof: Aantygings het blywende skade gelaat
BKS-inenting
Privaatsektor kry groen lig om BKS-entstof in SA te vervaardig

Luister nou