Luister nou

Trump teken bevel om transgender vroue uit vrouesport te laat

6 Februarie 2025

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het ‘n bevel onderteken om skole en atletiekorganisasies te dwing om transgender vroue van deelname aan vrouesport uit te sluit.

Die bevel, wat transgender vrouens as mans beskou, voldoen aan Trump se belofte om die sogenaamde onregverdige en gevaarlike deelname van mans in vrouesport te beëindig.

Trump sê hy beplan om befondsing te weerhou van skole waar transgender meisies in vrouesport meeding en wil die Olimpiese Komitee onder druk plaas om transgender atlete wêreldwyd uit vrouesport te verban.

Hy dreig ook om visums te weier aan transgender atlete wat aan die 2028 Olimpiese Spele in Los Angeles wil deelneem.

Swem, atletiek- en gholf-organisasies in Amerika het reeds transgender vroue verbied om deel te neem in vroue-afdelings indien hulle deur manlike puberteit gegaan het.

Die president van die Menseregteveldtog, Kelley Robinson sê die bevel gaan jong mense blootstel aan teistering en diskriminasie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

IMG-20260528-WA0015

Ontploffing in Woolworths-winkel by Menlyn

Fotokrediet: Weet

Nuwe opname oor Poskantoor vs aanlyndienste

Fotokrediet: Wikipedia

Departement van vervoer se stromings-kontrak word ondersoek

Fotokrediet: Credible Source

Migrante is ’n risiko, maar president Cyril Ramaphosa sal dit hanteer

Kragmaste

Strategie ter tafel om Johannesburg se kragkrisis te pak

Ander Nuus Artikels

Handboeke
VF Plus vra eie geskiedenisleerplanne in skole
Nhanhla Mkhwanazi
Nasionale Persklub maak Nuusmaker van die Jaar bekend
Fotokrediet: The Hill
Nasa het nog planne vir die maan
IMG-20260528-WA0015
Ontploffing in Woolworths-winkel by Menlyn
Fotokrediet: Weet
Nuwe opname oor Poskantoor vs aanlyndienste

Luister nou