Statistiek Suid-Afrika (SSA) het bekend gemaak dat die totale indiensneming in die land met 0,1% – op ‘n kwartaalgrondslag – in Desember 2024 toegeneem het.
Dit verteenwoordig 12 000 werksgeleenthede, om die totale aantal mense – wat permanent in diens geneem is – op byna 11-miljoen te staan te bring.
Terwyl die meeste werksgeleenthede in die mynbousektor verlore gegaan het, is die meeste werksgeleenthede in die handel-sektor geskep.
Op ‘n jaargrondslag het die totale aantal werksgeleenthede met 0,8% afgeneem – wat 91 000 werksgeleenthede verteenwoordig.