Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het ’n ongewone toename in die geregistreerde kiesers op die kiesersrol aangekondig vóór die komende plaaslike regeringsverkiesing op 4 November.
Volgens die adjunk hoofverkiesingsbeampte van die OVK, Masego Sheburi, staan die kiesersrol op byna 28 miljoen, en is ’n merkbare ommekeer in die gewone afwaartse neiging weens sterftes.
Sheburi sê dat dié styging aan deurlopende registrasieveldtogte en die harde werk van politieke partye toegeskryf kan word.
Die OVK het burgers aangeraai om aan die registrasienaweek op 20 en 21 Junie deel te neem.
Meer as 23 000 stemlokale sal landswyd ingerig word.
Dié kieserregistrasienaweek is een van die laaste geleenthede vir Suid-Afrikaners om te registreer óf om hul besonderhede op te dateer.