Luister nou

Solidariteit skryf aan LUR oor SEB-sertifikate vir dokters

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die vakbond Solidariteit se doktersnetwerk het beswaar aangeteken teen die Gautengse departement van gesondheid se besluit om dienskontrakte vir mediese personeel te verander. Dié wysigings is van toepassing op medici wat by staatshospitale werk.

Volgens dié wysigings moet dokers nou as onafhanklike kontrakteurs registreer en sal hulle eers swartekonomiese bemagtigingsertifikate moet bekom alvorens hulle noodsaaklike mediese dienste kan lewer.

Hierdie kontrakte is glo jaarliks deur die Menslike Hulpbronne-departement hernu, maar dokters is onlangs per WhatsApp in kennis gestel dat hul kontrakte op 31 Maart vanjaar beëindig sal word.

Solidariteit beskou hierdie veranderinge nadelig vir ‘n reeds sukkelende gesondheidstelsel en eis duidelikheid oor die wetlikheid en arbeidsregtelike gevolge daarvan.

Die vakbond doen ‘n beroep op die departement om die maatreëls terug te trek en in gesprek te tree met die betrokke belangegroepe.

One Response

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Lynnwood padwerke - The Citizen

Bouprojek in Lynnwoodweg vra nog drie maande

Guptas

Gupta-broers steeds gesoek

Cyril Ramaphosa, South Africa's president, at the opening of the South African Reserve Bank head office, after renovations, and museum in Pretoria, South Africa, on Friday, June 19, 2026. Traders scaled back bets for a South African rate hike next month. Photographer: Waldo Swiegers/Bloomberg via Getty Images

Ramaphosa: Bewerings oor ‘wit volksmoord’ benadeel ekonomie

Ad hoc - IOL

Ad hoc-komitee finaliseer sy verslag

Fotokrediet: Groundup

SASSA funksioneer met net 44%

Ander Nuus Artikels

Israelse vlug - France 24
Israelse passasiers het ‘n noue ontkoming tydens vlug
Fotokrediet: Daily Maverick
Diplomatieke stappe teen Amerikaanse ambassadeur
plaasaanvalle - Maroela Media
Vryemarkstigting: Risiko vir moorde is groter vir boere
Lynnwood padwerke - The Citizen
Bouprojek in Lynnwoodweg vra nog drie maande
Guptas
Gupta-broers steeds gesoek

Luister nou