Luister nou

Solidariteit kap SAPD se nuwe diversiteitsplan

Deur Walter Ernst

Die vakbond Solidariteit kritiseer die polisiediens se nuwe plan om senior offisiere op diversiteit en transformasie te beoordeel.

Dít volg na die waarnemende nasionale kommissaris van die polisie, Puleng Dimpane, ’n omsendbrief uitgereik het waarvolgens transformasie- en diversiteitsbestuur, met spesifieke verwysing na vroue en persone met gestremdhede, deel van senior bestuurders se posbeskrywings én die prestasieverbeteringsproses (PEP) gemaak word.

Die koördineerder vir Solidariteit se openbare sektor, Theunis van Staden, waarsku dat dié skuif die aandag van Suid-Afrika se stygende geweldsmisdaad en die beleidsveranderinge aflei wat deur die Madlanga-kommissie blootgelê is.

“Die land beleef een van die ernstigste veiligheidskwessies sedert 1994. Suid-Afrika se geweldsmisdaad word gereeld met dié van ʼn lae-intensiteit-oorlogsone vergelyk. Juis daarom behoort elke prestasiemaatstaf vir senior polisiebestuur direk verband te hou met meriete in hul vermoë om misdaad te bekamp en die polisiediens se kernmandaat uit te voer,” sê Van Staden.

Die vakbond beklemtoon dat polisielede eerder beoordeel moet word op hul vermoë om misdaad hok te slaan, korrupsie uit te roei en die publiek se veiligheid te verseker.

“Dít waaraan bestuur gemeet word, bepaal waarop bestuur fokus. Wanneer ander beleidsdoelwitte deel van prestasie-ooreenkomste vorm, neem dit onvermydelik aandag weg van die kernverantwoordelikhede waarvoor senior polisiebestuur uiteindelik aanspreeklik behoort te wees.

Van Staden sê doeltreffende wetstoepassing geniet voorkeur bo interne administratiewe doelwitte onder lede van die gemeenskap.

Volgens Solidariteit beoordeel gewone Suid-Afrikaners die SAPD nie aan die hand van interne bestuursaanwysers nie, maar volgens of hulle veilig is, of misdadigers vasgetrek word en of die publiek weer vertroue in die polisiediens kan hê.

Gewilde Nuus

Untitled design (23)

Wie is Brittanje se nuwe eerste minister?

Untitled design (22)

Jy hoef nie jou boorgat te registreer nie

Untitled design (21)

Vermiste vliegtuig ná 74 jaar gevind

Untitled design (20)

Jagluiperds na Zambië verskuif

Internasionale Perspektief nuut

VSA stoot terug teen Chinese invloed op elke vasteland

Ander Nuus Artikels

Untitled design (26)
Kom kyk hoe word ’n RWB Porsche gebou
Untitled design (27)
Druppels word strome, strome word riviere: KragDag 2026 bou momentum
Untitled design (25)
Naboomspruit gaan DorpToe!
Untitled design (23)
Wie is Brittanje se nuwe eerste minister?
Untitled design (22)
Jy hoef nie jou boorgat te registreer nie

Luister nou