Luister nou

Seun verloor sy arm in krokodilaanval

Deur Pretoria FM Nuusspan

‘n Gesinsvisvanguitstappie het Vrydag in ‘n nagmerrie ontaard toe ‘n sewejarige seuntjie se arm deur ‘n krokodil by die Roodekopjesdam naby Brits afgeruk is.

Johandré Blom is tans in ‘n geïnduseerde koma in ‘n hospitaal in Alberton.

Volgens Johandré se pa, Corné Blom, het Johandré en sy maatjie glo in die vlak water gespeel toe ‘n krokodil Johandré gryp.

Volgens Jannie Bekker, ‘n gesinsvriend, het ‘n jong man met ‘n boot op die dam uitgegaan om te kyk of hy die arm kon opspoor.

Die man se boot is glo toe ook deur die krokodil aangeval.

Bekker het glo vir die eienaar van die oord gevra dat die krokodil geskiet moet word, sodat ‘n soortgelyke voorval nie weer gebeur nie.

Johandré sal waarskynlik nog vir die volgende paar dae onder verdowing bly.

Fotokrediet: Kormorant

5 Responses

  1. Johandré, ek voel so jammer vir jou dat jy jou arm verloor het. Dis n tragedie.
    Die ander tragedie, egter, sal wees om die Krokodil te skiet. Want weereens was ons as mens in sy woongebied. Wilde Diere beskerm habitat en soek prooi.
    Baie sterkte met die herstel, seun

  2. Daar is hoeveel borde om te waarsku teen die krokedille. Ek het van kleins af 5jaar by dai dam vis gevang is nou al in my 30’s en van kleins af geweet ons speel nie in die water nie. HOE OP AARDE kon die ouers dit toelaat na al die waarskuwings borde.. jammer mar julle het gesoek vir moeilikheid om 1 krokedil in sy natuurlike habitat nou te wil skiet gan net mooi niks doen nie want die dam is VOL VAN DIE GOED. as jy mooi kyk lê hulle soms op die wal aan die oorkant en bak in die son. Jammer vir die seun se wat nou daar onder moet ly. Sterkte

  3. Die probleem is as ‘n krokodil eers ‘n mens aangeval het gaan hy weer. Die groter probleem is as die ouers geweet het daar is krokodille hoekom die kind in die water laat speel!!

  4. So jammer om te hoor wat gebeur het, maar hoekom nou die krokedil dood maak? Hy was nie in die mense area nie, hulle was in sy blyplek. So onregverdig dat dit altyd die dier se skuld moet wees 😭😭

  5. So jammer om te hoor wat gebeur het, maar hoekom nou die krokedil dood maak? Hy was nie in die mense area nie, hulle was in sy blyplek. So onregverdig dat dit altyd die dier se skuld moet wees 😭😭

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Dawie Roodt

Laer rentekoerse wink as vrede in Iran hou

Trump

Iran: Gesprekke begin

Internasionale Perspektief nuut

Nie ʼn perfekte ooreenkoms nie, maar gee dit ʼn kans…

Thoko Didiza

Phala Phala-aanklagkomitee: Geen geskiktheidsvereistes vir nou

Fotokrediet: Netwerk24

Binnelandse sake gaan langer ure werk

Ander Nuus Artikels

Graffiti logo
Graffiti-boekeblad 19 Junie
Willie Aucamp
Willie Aucamp: Ek wil saam met die boere werk
Geordin_Hill-Lewis
Hill-Lewis had geen ander keuse
Dawie Roodt
Laer rentekoerse wink as vrede in Iran hou
Trump
Iran: Gesprekke begin

Luister nou