Luister nou

Binnelandse sake gaan langer ure werk

Deur Marelize Maré

Die departement van binnelandse sake gaan hierdie naweek landwyd langer ure werk om die Kiesersregistrasienaweek van die Verkiesingskommissie te ondersteun.

Alle kantore sal Saterdag en Sondag van 08:00 tot 17:00 oop wees, en burgers word aangemoedig om aansoek te doen vir ’n slim-ID-kaart of hul kaarte wat reeds gereed is, af te haal.

Meer as 370 000 ID-kaarte wag tans om landwyd afgehandel te word.

Die departement sê die inisiatief is deel van pogings om toegang tot dienste te verbeter en te verseker dat alle stemgeregtigde Suid-Afrikaners hul demokratiese reg kan uitoefen.

Die minister van binnelandse sake sê die naweek bied ’n belangrike geleentheid vir burgers om seker te maak hulle is gereed om te registreer en aan die komende verkiesings deel te neem.

Gewilde Nuus

Fotokrediet: Tripadvisor

Toeris noodlottig in ‘n skietongeluk gewond

Fotokrediet: BusinessTech

Motoriste kan veranderinge verwag

Parlement

Nuwe reëls vir artikel 89-proses

Fotokrediet: Witness

Nuwe muntstuk ter herdenking aan die jeug

Floppy die patrolliehond

Vermiste Floppy dood gevind

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Atlantic Council
Iran se missielprogram is nie deel van die onderhandelinge nie
Telefoon
56% van polisiekantore antwoord nie
Fotokrediet: Tripadvisor
Toeris noodlottig in ‘n skietongeluk gewond
Fotokrediet: BusinessTech
Motoriste kan veranderinge verwag
Parlement
Nuwe reëls vir artikel 89-proses

Luister nou