Topverkopers:
10 Die oorkant – Annemarie van Niekerk
9 Historiese almanak – Albe Grobbelaar
8 Kanniedood – Irna van Zyl
7 Bloedbande – Eleanor Baker
6 Aanstap boere – Max du Preez
5 Afrikanerman – Mart-Marié Uys
4 ’n Knippie moord – Elsa Winckler
3 Goed genoeg – Gerridene Berg
2 Enigma – Rudie van Rensburg
1 Rebekka van Kameeldoornplaas – Irma Joubert
Aandstories vir kleuters (2026-uitgawe) deur Pieter W. Grobbelaar. R320, HUMAN & ROUSSEAU

Aandstories vir kleuters is een van die bekendste, mees klassieke versamelings van die wêreld se gewildste sprokies en verhale. Sedert die eerste Afrikaanse uitgawe in 1970, is die bundel talle kere herdruk en was die kenmerkende ‘groot rooi boek’ deel van duisende kinders se grootwordjare.
Dit is ideaal vir voorlees met slaaptyd, maar ook vir ouer kinders wat al self lees, en die pragtige volkleurillustrasies betower kinders al vir dekades lank.
Buiten 14 bekende kleuterrympies, is daar 8 immer gewilde verhale:
“Rooikappie”, “Klein Duimpie”, “Gouelokkies”, “Jan en die boontjierank”, “Aspoestertjie”, “Heidi”, “Sneeuwitjie”, “Die lelike eendjie” en “Die skone slaapster”.
Die teks is hersien deur Elsa Silke en sorg dat hierdie wonderlike stories weer heerlik lees vir vandag se kind.
Bestel dit nou aanlyn.
Klawer deur Rocco de Villiers. R380, TURKSVY UITGEWERS

Musikante is reisigers, avonturiers, altyd op pad na onbekende bestemmings, na nuwe plekke en nuwe mense. Dis ’n avontuur, ’n ontdekking vol verrassings en verwonderings. ’n Avontuur is egter nie net ’n fisieke reis nie, maar ook ’n innerlike reis van groei en selfontdekking. Dit maak jou oop vir die wêreld om jou en gee jou die kans om anders te sien, anders te dink, anders te wees.
Rocco de Villiers se bundel verhale oor van die plekke in Suid-Afrika waar hy al opgetree het, bied ’n heel anderste reis deur die landskap van Suid-Afrika en vertel van sy ervarings en avonture in dié konsertplekke.
Bestel dit nou aanlyn.
Die oorkant deur Annemarié van Niekerk. R350, TAFELBERG

Twintig jaar gelede moes Ada Bloukoeniekraal, haar geboortegrond, noodgedwonge verlaat. Nou keer sy terug na die geheime van haar kinderjare wat aan die oewers van die getyrivier lê.
Sy bly by haar vriendin, Mel, ’n omgewingsnavorser wat, met die hulp van afstammelinge van die Khoi-Khoin, die streek se ryk maar brose ekosisteem karteer.
Deur haar skryfwerk probeer Ada die skimme van die verlede tem. Maar hoe word jy vry van ’n verlede wat steeds hier rondspook? En hoe herstel jy ’n ou vriendskap, noudat die skeidslyne van apartheid vervaag het, maar daar steeds soveel ongesêde dinge is?
In sidderende tonele word die verlede laag vir laag blootgelê. Is die troos van die rivier en die grond waarmee Ada so onlosmaaklik verbind voel, genoeg?
Bestel dit nou aanlyn hier.
Al hierdie boeke sowel as ander nuwe vrystellings en topverkopers is nou beskikbaar by www.graffitiboeke.co.za teen 10% afslag.
KOMPETISIE
Jy kan al drie hierdie boeke ter waarde van R1050 te wen!
Antwoord die volgende vraag:
Wie is die skrywer van KLAWER?
Whatsapp jou antwoord saam met jou VOLLEDIGE adres na 072 386 5997.
Inskrywings sluit Maandag 15 Junie 2026.
Die wenner sal lukraak gekies word en in volgende week se Nuusweek aangekondig word.
Die pryswenner se boeke sal deur Graffiti versend word en alle navrae moet direk aan Graffiti gerig word by [email protected]
Wenner van 12/06/2026 se boekekompetisie: Erika van Staden – Centurion