Luister nou

Laer rentekoerse wink as vrede in Iran hou

Deur Redaksie

Redaksie

Oliepryse het skerp gedaal na die ondertekening van ’n tydelike vredesooreenkoms tussen die VSA en Iran. Hierdie nuus volg op die dag wat Statistiek Suid-Afrika (SSA) aangekondig het dat die jaarlikse verbruikersinflasie in Mei tot 4,5% gestyg het, teenoor 4% in April.

Dit is die hoogste vlak sedert Julie 2024. Vervoerinflasie, een van die vernaamste gedeeltes van SSA se inflasiemandjie, het in Mei met 9,4% op ’n jaargrondslag gestyg. Dit het 1,3 persentasiepunte tot die oorhoofse inflasiesyfer bygedra.

Die hoofekonoom van die Efficient-groep, Dawie Roodt, sê inflasie is nietemin effens laer as wat verwag is en ten spyte daarvan dat dit oor die volgende paar maande nog kan styg, verwag hy nie dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank rentekoerse verder gaan verhoog nie, veral met die olieprys wat dit tans is.

“Die werklike impak van inflasie met die laer olieprys gaan ons eers oor ’n klompie maande voel. Ons sien dus ’n bult in die inflasie oor die volgende klompie maande.”

Roodt sê verder dat dit lyk of die Amerikaners oor die volgende paar maande rentekoerse gaan verhoog, wat weer goed is vir die rand-dollar-wisselkoers.

“Ek sal glad nie verbaas wees as ons die rand onder $16 sien verhandel nie. Ek dink ons gaan ’n paar maande wag, maar hier teen die einde van jaar of volgende jaar kan ons moontlik twee 25-basispuntverlagings in rentekoerse sien. Moontlik drie keer.”

Roodt sê die goeie vooruitsigte is egter verbind met stabiele toestande in die Midde-Ooste.

 

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek – https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/06/Uitgawe-71-19-25-Jun-2026.pdf

 

Gewilde Nuus

Thoko Didiza

Phala Phala-aanklagkomitee: Geen geskiktheidsvereistes vir nou

Fotokrediet: Netwerk24

Binnelandse sake gaan langer ure werk

Fotokrediet: Atlantic Council

Iran se missielprogram is nie deel van die onderhandelinge nie

Telefoon

56% van polisiekantore antwoord nie

Fotokrediet: Tripadvisor

Toeris noodlottig in ‘n skietongeluk gewond

Ander Nuus Artikels

Trump
Iran: Gesprekke begin
Internasionale Perspektief nuut
Nie ʼn perfekte ooreenkoms nie, maar gee dit ʼn kans…
Thoko Didiza
Phala Phala-aanklagkomitee: Geen geskiktheidsvereistes vir nou
Fotokrediet: Netwerk24
Binnelandse sake gaan langer ure werk
Fotokrediet: Atlantic Council
Iran se missielprogram is nie deel van die onderhandelinge nie

Luister nou