Redaksie
“Dit is vir my ’n roepingstaak.”
So sê Willie Aucamp die afgelope week in ’n onderhoud op Pretoria FM se aktualiteitsprogram, Impak, op die nuus dat die DA-leier, Geordin Hill-Lewis, president Cyril Ramaphosa versoek het om hom as minister van Landbou aan te stel
“Ek is baie lief vir ons land se boere. Hulle staan ons na aan die hart. My familie is self in die bedryf en hierdie opdrag beskou ek as ’n roepingstaak.”
Aucamp sê daar is baie goeie dinge in landbou, soos markte wat besig is om vir Suid-Afrikaanse boere oop te gaan.
“Maar ons kan nie blind wees vir hierdie enorme uitdaging wat ons in die gesig staar met die uitbreking van bek-en-klouseer nie.”
Aucamp sê dit is ’n krisis wat hy nie alleen kan hanteer nie. Hy sê die fokus moet nou wees op die beskerming van die land se kudde en om vleis weer op ’n punt te kry dat dit uitgevoer kan word.
“Die uitgangspunt gaan wees een van totale inklusiwiteit.”
Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek – https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/06/Uitgawe-71-19-25-Jun-2026.pdf