Marelize Maré
Die seun van die Hollywood-regisseur, Rob Reiner en sy vrou, Michele, is vir hulle moorde in hegtenis geneem.
Die egpaar is gister dood in hulle huis in Los Angeles aangetref, nadat hulle vermoedelik met ‘n mes aangeval is.
Die egpaar se 32-jarige seun, Nick Reiner word volgens die Los Angeles Times aangehou omdat hy van die moord verdink word.
Hy voer glo ’n stryd met dwelms.
Rob Reiner was die regisseur van trefferflieks soos When Harry Met Sally en The Princess Bride en het in sy dekades lange loopbaan as akteur in die sitcom All in the Family naam gemaak.
Hy was ook ‘n aktivis en medestigter van die Amerikaanse Stigting vir Gelyke Regte en was betrokke by ’n insiatief om die belasting wat op tabak gehef word te gebruik om vroeë kinderontwikkeling in Kalifornië te bevorder.

Fotokrediet: Laura Cavanaugh/FilmMagic/Getty Images