Luister nou

SA kry lening van sowat R25 mjd. by Wêreldbank

Deur Walter Ernst

Die Nasionale Tesourie het ’n ontwikkelingsbeleidslening van sowat R25 miljard met die Wêreldbank onderteken.

Dit het ten doel om Suid-Afrika se pogings tot inklusiewe groei te ondersteun deur hulp te verleen met infrastruktuur. Dit word as die vernaamste struikelblok vir werkskepping beskou.

Die Tesourie sê dat die lening ’n belangrike stap is om Suid-Afrika se dringende ekonomiese uitdagings van lae groei en hoë werkloosheid die hoof te bied.

Die Tesourie sê dat die finansieringsvoorwaardes van die lening met sy leningstrategie strook.

Dié strategie is daarop gemik om langtermyn bekostigbaarheid en ’n laer skuldlas te verseker deur finansiering teen die laagste moontlike koste te bekom.

Volgens die Tesourie bied die lening ’n gunstige rentekoers en buigsame terugbetalingsvoorwaardes.

Die Tesourie het 15 jaar om die skuld te delg, met ’n grasietydperk van drie jaar voordat die kapitaalbedrag terugbetaal moet word.

 

Gewilde Nuus

Ernst Roets

Crossed Out: Dokkie ontketen ongemaklike gesprek

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 18 September 2026

Fotokrediet: Instagram

Polisie: “Die Ekurhuleni-moordverdagte is nie ’n Suid-Afrikaner nie”

Fotokrediet: InsureMyTrip

Daar heers onsekerheid oor die VSA se visumbeperkings

Fotokrediet: eNCA

Negende vrou se liggaam word in Oos-Rand gevind

Ander Nuus Artikels

Boer tot bord
Kos op die tafel is nie vanselfsprekend nie
Melanie 2
Ingryping by Gauteng-onderwys geëis
J broodryk
Slagoffers van plaasaanvalle gemartel, verbrand en verwurg
Ernst Roets
Crossed Out: Dokkie ontketen ongemaklike gesprek
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 18 September 2026

Luister nou