Luister nou

Ramaphosa wil Phala Phala-ondersoek stuit

Deur Walter Ernst

President Cyril Ramaphosa het vandag ’n dringende hofaansoek ingedien om die ondersoek na sy ampsontheffing te staak.

Ramaphosa het in ’n beëdigde verklaring gesê dat hy geen ander keuse gehad het as om die aansoek in te dien nie, aangesien die parlementêre verhore moontlik kan begin voordat die hof beslis het oor die geldigheid van die Ngcobo-verslag.

Dié omstrede verslag het aanbeveel dat Ramaphosa weens die Phala Phala-skandaal in staat van beskuldiging plaas.

Die parlement het vroeër volgehou dat daar geen vertragings sal wees nie.

Die hooggeregshof in Kaapstad sal ván 2 tót 4 September vanjaar Ramaphosa se aansoek aanhoor om die artikel 89-paneel se verslag oor die Phala Phala-diefstalsage te hersien.

Die paneel het bevind dat hy wel antwoorde moet verskaf oor die diefstal van $580 000 Amerikaanse dollar in ’n rusbank op sy plaas in Limpopo in Februarie 2020.

’n Ontheffingskomitee – wat uit 31 parlementslede bestaan – is op die been gebring na aanleiding van ’n bevel van die konstitusionele hof om die paneel se bevindinge te oorweeg.

Ramaphosa het in Mei gesê die nasie oor die Phala-Phala-aangeleentheid toegespreek en aangedui dat hy nie sal bedank nie aangesien dit voortydig sal wees om dié stap te doen.

Die reëls van die artikel 89-aanklagkomitee het die week ’n hewige stryd in die parlement ontketen oor wie op die komitee mag dien wat Ramaphosa se moontlike ampsontheffing moet ondersoek.

Die DA eis streng vereistes en beklemtoon dat die parlementslede onberispelik moet wees. Hulle weier dat omstrede figure die paneel se geloofwaardigheid skaad.

Hierteenoor sê die MK-party en EFF dat die definisie vaag is en deeglike nabetragting verg sonder oorhaastige besluite.

 

Gewilde Nuus

Graffiti logo

Die Graffiti-boekeblad

Jeugwerkloosheid Youth Unemployment

60% van jongmense werkloos

Fotokrediet: Queen City News

Hoeveel mikroplastiek is in jou tee?

Fotokrediet: World Bank Blogs

DA gaan dossier by SAMRK indien

SANBS-1024x724

Kom skenk vandag bloed saam met Bulle en voornemende burgemeesters

Ander Nuus Artikels

Internasionale Perspektief nuut
Iran toets grense uit vrees vir verlies van Hormoes-hefboom
Verkiesing - Trek Kruisie - OVK
Toename in geregistreerde kiesers
Graffiti logo
Die Graffiti-boekeblad
Jeugwerkloosheid Youth Unemployment
60% van jongmense werkloos
Fotokrediet: Queen City News
Hoeveel mikroplastiek is in jou tee?

Luister nou