Luister nou

Die Graffiti-boekeblad

Deur Pretoria FM Nuusspan

Hier is die week se topverkopers:

10 Die Avonture van Helga Roets – Riaan Grobler

9 Die oorkant – Annemarie van Niekerk

8 Kanniedood – Irna van Zyl

7 Historiese Almanak – Albé Grobbelaar

6 En nog WAT – Uit die woordeskat van Afrikaans – Jana Luther

5 Mei en alles daarna – Zelda Bezuidenhout

4 ’n Knippie moord – Elsa Winckler

3 Goed genoeg – Gerridene Berg

2 Enigma – Rudie van Rensburg

1 Rebekka van Kameeldoornplaas – Irma Joubert

 

Nuut op die rak:

Die seun met die swaeltjie – Fanie Viljoen

Die wenner van LAPA se Jeugromankompetisie 2026.

“Jy het ’n goeie hart, Tumelo. Maar onthou, familie is belangrik. Ons kyk eers na mekaar.”

Tumelo tel een middag ’n swaeltjie in die veld op. Sy is swak en beseer, maar hy wil haar gesond maak. Fumane moet weer vlieg. Gou word Tumelo egter soos daardie swaeltjie. ’n Slegte ding gebeur in hulle gesin: Eers met sy ma. En toe met sy pa. Tumelo en sy sussies bly alleen agter in hulle sinkhuis in die township. Wat gaan hy nou doen? Hulpeloos bly lê?

Of kan hy weer vlieg?

Die seun met die swaeltjie – Fanie Viljoen, R190, Lapa

Bestel dit aanlyn by https://www.graffitibooks.co.za/af/397314/Boeke

 

Enigma – Rudie van Rensburg

Wanneer ’n skatryk Angolese sakeman met twee koeëlgate in sy bors in ’n Kaapstadse hotelkamer aangetref word, moet Kassie en Rooi die saak ondersoek. Die kokaïen, ongeslypte diamante en edelgesteentes in sy bagasie slaan hulle dronk. Wat doen ’n gesiene persoon, wat ’n Suid-Afrikaanse minister kom adviseer het, met vermoedelik smokkelware in sy besit? ’n New Yorkse beleggingsbestuurder, ’n Angolese skurk, en ’n hoog aangeskrewe en geslepe sakevrou is almal op ’n manier met die vermoorde man verbind. Maar wat het hulle met die raaiselagtige transaksies te doen?
Kassie-hulle moenie net ’n moord oplos nie, maar ook ’n internasionale netwerk van kriminele aktiwiteite ontbloot. Een waarbinne daar nie geskroom word om mense permanent uit die weg te ruim nie.

Enigma – Rudie van Rensburg, R365, Quellerie

Bestel dit aanlyn by https://www.graffitibooks.co.za/af/397180/Boeke

 

Rebekka van Kameeldoornplaas – Irma Joubert

Tussen oorloë, tussen lande, tussen liefde.
Op elf het Rebekka baie oorleef: Sy was kampkind in die Anglo-Boereoorlog en nou is sy brandarm bywonerskind op Kameeldoornplaas. Kort voor lank word sy kinderoppasser vir ryk Engelse en op ’n skip op pad Engeland toe.
Hier, in die sprokiesagtige Oxford, begin die onverskrokke Bekkie se nuwe lewe. Nie net leer sy hoe om Engels met die warm-aartappel-in-die-mond te praat nie, maar ook hoe die wêreld werk. En wanneer die boer se oudste seun kom kuier, ontdek sy ’n nuwe gloed wat rooiwarm deur haar lyf trek.
Wie is sy uiteindelik regtig? Bekkie, kaalvoet-Afrikanerkind van die sonverbrande Kalaharivlaktes? Of Rebekka, wêreldwyse jongmeisie van Oxford?
Irma Joubert neem die leser saam op ’n onweerstaanbare ontdekkingstog, nie net na Engeland en meer as 100 jaar terug in tyd nie, maar ook op Rebekka se reis na jong vrou word.
Rebekka van Kameeldoornplaas is ’n meesleurende verhaal oor die wilde afdraaipaaie wat die noodlot neem, en hoe jy uiteindelik die enigste een is wat moet besluit wié jy is en waarheen jy op pad is.

Rebekka van Kameeldoornplaas – Irma Joubert, R350, Lapa Uitgewers

Bestel dit aanlyn by https://www.graffitibooks.co.za/af/396884/Boeke

 

Al hierdie boeke sowel as ander nuwe vrystellings en topverkopers is nou beskikbaar by www.graffitiboeke.co.za teen 10% afslag.

 

Wen al drie die boeke!

’n Gelukkige leser het die kans om al drie hierdie boeke ter waarde van R900 te wen.

Al wat jy hoef te doen om vir die prys in aanmerking te kom, is om die volgende vraag te beantwoord:

Wie is die skrywer van Rebekka van Kameeldoornplaas?

Stuur jou antwoord saam met jou naam en volledige adres na 072 386 5997.

Inskrywings sluit Maandag 15 Junie 2026.

Die wenner sal lukraak gekies word en in volgende week se Nuusweek aangekondig word.

Die pryswenner se boeke sal deur Graffiti versend word en alle navrae moet direk aan Graffiti gerig word by [email protected]

Gewilde Nuus

Fotokrediet: World Bank Blogs

DA gaan dossier by SAMRK indien

SANBS-1024x724

Kom skenk vandag bloed saam met Bulle en voornemende burgemeesters

Storm

Stormskade in Wes-Kaap beloop R9,1 mjd.

Cyril Ramaphosa ongelukkig

Ontheffingsproses teen Ramaphosa sál voortgaan

Fotokrediet: Daily Investor

Reserwebank oor skuldvlakke

Ander Nuus Artikels

Jeugwerkloosheid Youth Unemployment
60% van jongmense werkloos
Fotokrediet: Queen City News
Hoeveel mikroplastiek is in jou tee?
Fotokrediet: World Bank Blogs
DA gaan dossier by SAMRK indien
SANBS-1024x724
Kom skenk vandag bloed saam met Bulle en voornemende burgemeesters
Storm
Stormskade in Wes-Kaap beloop R9,1 mjd.

Luister nou