Luister nou

Kom skenk vandag bloed saam met Bulle en voornemende burgemeesters

Deur Pretoria FM Nuusspan

Redaksie

In aanloop tot vanjaar se Wêreldbloedskenkerdag span Pretoria FM, die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens, Loftus Park, Protea Hotel Pretoria Loftus Park en die Vodacom Bulls saam vir ’n opwindende bloedskenkgeleentheid. Dit word in die vorm van ’n “Jail and Bail”-aksie aangebied, waar bekende persoonlikhede in die “tjoekie” opgesluit word vir ’n goeie doel.

Onder die “gevangenes” wat op Vrydag 12 Junie 2026 agter tralies gaan sit, is twee burgemeesterskandidate vir die Tshwane-metro, Willie Spies (VF Plus) en Cilliers Brink (DA), spelers van die Vodacom Bulls, asook die gewilde sangers Pieter Smith en Fatman. Hierdie bekendes sal slegs vrygelaat word as genoeg mense opdaag om bloed te skenk om hul afkoopboete te betaal.

Pretoria FM se stasiebestuurder, James Kemp, wat ook agter tralies sal vertoef, sê dié projek lê die stasie na aan die hart.

“Die bloed wat een persoon skenk, kan tot drie lewens red. Met hierdie projek, waarby ons al vir jare betrokke is, hoop ons om ’n verskil in honderde mense se lewens te maak.”

Nóg ’n tronkvoël, Ronald Deerling, wat die kos- en voedselbestuurder van die Protea Hotel is, is van mening dat bloedskenkings een van die eenvoudigste maar kragtigste dade van vrygewigheid bly.

“Ons is geëerd om aan hierdie bloedskenkveldtog deel te neem en saam met ons gemeenskap te staan ​​ter ondersteuning van ’n saak wat elke dag lewens red. Ek moedig almal aan wat kan deelneem om die geleentheid te benut om te skenk en te help verseker dat lewensreddende bloed beskikbaar is wanneer dit die nodigste is. Elke skenker het die potensiaal om ’n blywende verskil te maak.”

Jannes Kirsten, losvoorspeler van die Vodacom Bulls, moedig hul ondersteuners en die breër publiek aan om dié geleentheid by te woon en bloed te skenk.

“Dit voel dalk vir jou dat dit nie ’n verskil maak nie, maar mens kan ’n lewe red deur bloed te skenk, miskien nie vandag nie, maar jy weet nie watter verskil jy in iemand se lewe kan maak nie. Mens kan nie bloed koop, vervaardig of kweek nie, daarom is dit belangrik om te skenk.”

“Mens hoef ook nie ’n trui te dra om die held van die dag te wees nie, partykeer moet mens net jou mou oprol en bloed skenk.”

Lede van die media, persfotograwe en kameraspanne word ook genooi om die geleentheid by te woon.

Datum:               Vrydag 12 Junie 2026

Tyd:                       09:00 – 17:00

Plek:                     Loftus Park-piazza

Gewilde Nuus

Fotokrediet: The Citizen

Tshwane-metro bied spesiale vlugte vir bejaardes by lughawe

Thoughtful Portrait Among Bookshelf Shelves

Nee Kemp, regses is ook onverdraagsaam

Senzo Mchunu - The Witness

Die OB ondersoek Senzo Mchunu

Fotokrediet: Checkatrade

Die Tshwane-metro wil die krag teen vanaand herstel

Siviwe Gwarube - Daily Maverick

Minister word aangewys as een van TIME se 100 Next-leiers vir 2026

Ander Nuus Artikels

Kallie Kriel, Flip Buys, Dirk Hermann
VSA-debat jaag temperature op
Willie Spies
VF Plus soek kundiges om kragonderbrekings te bekamp
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 2 Oktober 2026
Fotokrediet: The Citizen
Tshwane-metro bied spesiale vlugte vir bejaardes by lughawe
Thoughtful Portrait Among Bookshelf Shelves
Nee Kemp, regses is ook onverdraagsaam

Luister nou