Luister nou

R45-miljard benodig om Vrystaatse paaie te herstel

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die Vrystaatse departement van paaie het in ʼn voorlegging aan die infrastruktuur-portefeuljekomitee erken dat daar onderskeidelik R30-miljard en R15-miljard benodig word om teer- en grondpaaie in dié provinsie te herstel.

‘n VF Plus-lid van die provinsiale wetgewer in die Vrystaat, Armand Cloete sê dié bedrag is gelykstaande aan die totale begroting van die Vrystaatse regering vir die nuwe finansiële jaar.

Cloete meen die grootste deel van die provinsiale begroting word al jare lank aan maatskaplike departemente soos gesondheid en onderwys toegeken terwyl padinfrastruktuur aan die agterspeen suig.

Die provinsie het wel agtien paaie aan die Suid-Afrikaanse nasionale padagentskap (Sanral) oorhandig vir herstelwerk.

Hy sê die provinsiale departement van vervoer volg tans prosesse om nasionale rampbestuurfondse vir vloedgeteisterde paaie in die provinsie te verkry.

“Die VF Plus het in April vanjaar die departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) versoek om grondpaaie in die provinsie as ʼn ramp te verklaar om die proses te versnel. Dit blyk egter dat die politieke wil ontbreek,” sê Cloete.

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Internasionale Perspektief nuut

VSA onttrek finaal uit Irak te midde van volgehoue onstabiliteit

V (1)

Eerste skenkerleweroorplantings by Raslouw Private Hospital

V

Gryskrag: SASSA-toelaes moet nie van uitgerekte kaartproses afhang nie

Mbalula warns those assaulting on-duty police officers

Massaskietvoorvalle eis reeds 100de

Orania

Oraniërs stem anders in komende verkiesing

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Netwerk 24
SANW spandeer miljarde aan huurvlugte
Fotokrediet: Solidariteit netwerk
Wêreldonderwysersdag word vandag gevier
Boer tot bord
Wanneer ’n boer vermoor word ….
Internasionale Perspektief nuut
VSA onttrek finaal uit Irak te midde van volgehoue onstabiliteit
V (1)
Eerste skenkerleweroorplantings by Raslouw Private Hospital

Luister nou