Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende

PTA Krag: Instandhoudingsprojek van beplande vier ure word toe 12 ure

Die DA in die Tshwane-metro het uitgevaar teen die koalisievennootskap onder leiding van ActionSA se burgemeester, dr. Nasiphi Moya nádat gister se beplande krag-onderbreking nié volgens plan verloop het nie.

Die metro het laat Vrydagmiddag gesê dat krag in groot dele van die stad gister, Sondag 29 Junie, vanaf 9 uur tot 1 uur die middag afgesit moet word weens instandhouding wat gedoen moet word. Net na 1 uur het die metro gevra vir ‘n verlenging van 2 ure om die werk te kon voltooi.

Die krag is eers om 9 uur gisteraand stuk-stuk in in sommige woonbuurte aangeskakel hoewel ander inwoners steeds in die donker gehul is.

Die DA se koukusleier in die metro, en die voormalige burgemeester, Cilliers Brink sê dit is duidelik dat die projek misluk het en dat swak beplanning mense verontrief het.

‘n DA-raadslid in die metro, Jacqui Uys sê dit wil voorkom asof die nuwe infrastruktuur, wat gister aangebring is,, weer met die ou infrastruktuur vervang moes word om mense se kragtoevoer te moet herstel. ‘n Ander datum vir die instandhouding sal nog gekommunikeer word.

Baie van die woongebiede wat se krag gisteraand aangekom het, het intussen weer afgegaan,

Uys sê sy wil weet wat die toekoms plan is.

One Response

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu

Ander Nuus Artikels

pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig