Luister nou

PTA Krag: Instandhoudingsprojek van beplande vier ure word toe 12 ure

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die DA in die Tshwane-metro het uitgevaar teen die koalisievennootskap onder leiding van ActionSA se burgemeester, dr. Nasiphi Moya nádat gister se beplande krag-onderbreking nié volgens plan verloop het nie.

Die metro het laat Vrydagmiddag gesê dat krag in groot dele van die stad gister, Sondag 29 Junie, vanaf 9 uur tot 1 uur die middag afgesit moet word weens instandhouding wat gedoen moet word. Net na 1 uur het die metro gevra vir ‘n verlenging van 2 ure om die werk te kon voltooi.

Die krag is eers om 9 uur gisteraand stuk-stuk in in sommige woonbuurte aangeskakel hoewel ander inwoners steeds in die donker gehul is.

Die DA se koukusleier in die metro, en die voormalige burgemeester, Cilliers Brink sê dit is duidelik dat die projek misluk het en dat swak beplanning mense verontrief het.

‘n DA-raadslid in die metro, Jacqui Uys sê dit wil voorkom asof die nuwe infrastruktuur, wat gister aangebring is,, weer met die ou infrastruktuur vervang moes word om mense se kragtoevoer te moet herstel. ‘n Ander datum vir die instandhouding sal nog gekommunikeer word.

Baie van die woongebiede wat se krag gisteraand aangekom het, het intussen weer afgegaan,

Uys sê sy wil weet wat die toekoms plan is.

One Response

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Africa Intelligence

Tsjad gaan van die Internasionale Strafhof onttrek

Selby Mbenenge

RDK vra Ramaphosa om Oos-Kaapse regter-president te skors

Fotokrediet: Moneyweb

Munisipaliteite skuld Eskom baie

Fotokrediet: Netwerk24

VSA staak aanvalle op Iran

Boer tot bord

Die toekoms van die boer na die bord

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: hafen-hamburg
Groot olietenksip in Durban se droogdok
Fotokrediet: IG
Oliepryse styg weer skerp
Fotokrediet: AfriForum
Departement van Onderwys in Gauteng se aanlyn-aansoeke byna oop
Fotokrediet: Africa Intelligence
Tsjad gaan van die Internasionale Strafhof onttrek
Selby Mbenenge
RDK vra Ramaphosa om Oos-Kaapse regter-president te skors

Luister nou