Luister nou

Presidensiële Nuusbrief: 2025 begroting positief vir ekonomiese groei

Deur Pretoria FM Nuusspan

President Cyril Ramaphosa sê die 2025-begroting sal Suid-Afrika se ekonomie groei, en sal ook mense se lewensomstandighede verbeter.

Hy skryf in sy weeklikse nuusbrief dat die begroting ‘n belangrike instrument is om ontwikkeling te bevorder en om die ongelykheid tussen Suid-Afrika se rykste en armste inwoners te verklein.

Die begroting is verlede week aanvaar nadat partye binne die regering van nasionale eenheid (RNE) nie ‘n ooreenkoms kon bereik oor sekere aspekte van die begroting nie. Dit het met 12 stemme geslaag nadat ActionSA sy steun aan die ANC gegee het.

Die DA, en die VF Plus, wat albei RNE-vennote is, het die begroting saam met die MK-party en die EFF verwerp. Die begroting beteken ‘n 0,5% verhoging in BTW in die huidige boekjaar en ‘n verdere 0,5% BTW-verhoging in die volgende boekjaar.

Volgens Ramaphosa reflekteer die begroting die RNE se belangrikste doelwitte, soos om inklusiewe ekonomiese groei te bewerkstellig, en om werksgeleenthede te skep. Hy sê die begroting beaam die regering se belofte om ‘n beter land vir al sy burgers te verseker.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Michalsons

AfriForum gaan Eskom se verhoging teenstaan

POF-logo

POF-base in die sop oor tenderbedrog van R16 m.

Siviwe Gwarube by podium

Vakbond vra optrede teen Siviwe Gwarube

Donald-Trump-kwaai-by-Navo-beraad-Turkye

Trump wil nog name verander

Orania

Meer as R500 000 ingesamel vir pad in Orania

Ander Nuus Artikels

Sky die polisiehond kry seer 3
DA-LP lê klag, nadat polisiehond ernstig seerkry
Tronk
4 DKD-beamptes geskors oor steenkooltenderbedrog
Fotokrediet: Maroela Media
Stapper veilig nadat hommeltuig hom geselskap hou
Fotokrediet: Michalsons
AfriForum gaan Eskom se verhoging teenstaan
POF-logo
POF-base in die sop oor tenderbedrog van R16 m.

Luister nou