Luister nou

Polisie se langsdienende vlieënier vereer

Deur Walter Ernst

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het vandeesweek afskeid geneem van hul langsdienende vlieënier, luitenant-kolonel Jacobus Gideon “Div” de Villiers, wat ná 46 jaar se getroue diens aftree.

De Villiers het sy loopbaan in 1980 as konstabel begin en later gekwalifiseer as helikopter- en vastevlerkvlieënier.

Met 16 900 vliegure agter sy naam, het hy kritieke steun verleen tydens misdaadbestryding, reddingspogings en gevaarlike operasies.

Hy is onder meer in 2009 vir dapperheid tydens ’n gewapende transitoroof vereer.

Div (regs) by ’n helikopteruitstalling

De Villiers het oor die jare by die polisie se lugvleuel by Wonderboom-lughawe, met talle helikopters en vliegtuie gevlieg wat deur die SAPD gebruik is, insluitend die Pilatus PC-6 Porter, Pilatus PC-12, King Air C90, Cessna Sovereign-straalvliegtuig, MD500 D en die AS350 Squirrel, gevlieg.

De Villiers het ook talle loopbaanhoogtepunte, maar een wat veral uitstaan, was toe hy die geleentheid gehad het om lugvaart-opleiding in die Verenigde State van Amerika te ondergaan het, waarna hy ’n Cessna Citation Sovereign-straler teruggevlieg.

Div langs die Cessna Citation Sovereign-straler

“Aan diegene wat ek agterlaat – onthou, elke opstyging het ’n doel. Of julle nou verdagtes agtervolg, na vermiste persone soek of beamptes op die grond ondersteun; as vlieëniers maak julle werk ’n verskil. Dit is ’n absolute eer gewees om die SAPD-kenteken te dra en my land met trots te dien,” het De Villiers gesê.

Die waarnemende nasionale kommissaris, luitenant-generaal Puleng Dimpane, het De Villiers as ’n lojale beskermer geloof wat ’n blywende nalatenskap vir die land se veiligheid agterlaat.

“Jou jare in die lugruim was meer as net vlugsendings. Jy was ’n betroubare beskermer wat talle polisiëringsoperasies, soek-en-reddingsoperasie, misdaadvoorkomingsinisiatiewe en noodoptredes ondersteun het. Jou professionaliteit, dissipline en onwrikbare toewyding aan jou plig het ’n blywende bydrae tot die veiligheid en sekuriteit van ons land gelewer,” het Dimpane gesê.

 

 

Gewilde Nuus

Fotokrediet: InsureMyTrip

Daar heers onsekerheid oor die VSA se visumbeperkings

Fotokrediet: eNCA

Negende vrou se liggaam word in Oos-Rand gevind

Ronald Lamola - TimesLive

SA kap terug teen die VSA se visumbeperkings

Misdaadtoneel-Ekurhuleni

DA bied halfmiljoen aan vir leidrade na die Ekurhuleni-moordenaar

Fotokrediet: Instagram

Berigte oor verdagte wat na Potchefstroom skuif, is vals

Ander Nuus Artikels

Ernst Roets
Crossed Out: Dokkie ontketen ongemaklike gesprek
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 18 September 2026
Fotokrediet: Instagram
Polisie: “Die Ekurhuleni-moordverdagte is nie ’n Suid-Afrikaner nie”
Fotokrediet: InsureMyTrip
Daar heers onsekerheid oor die VSA se visumbeperkings
Fotokrediet: eNCA
Negende vrou se liggaam word in Oos-Rand gevind

Luister nou