Luister nou

Planne om Gautengse verkeersbeampteprogram te herstruktureer

Deur Walter Ernst

Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, het aangekondig dat verkeersbeamptes in dié provinsie ’n omvattende opleidingsprogram sal ondergaan wat daarop gemik is om wetstoepassing te versterk.

Lesufi het bewaarders by die Ellispark-arena in Johannesburg toegespreek waar die herstrukturering van die Gautengse verkeersbeampteprogram uiteengesit is.

Volgens Lesufi sal die program voortaan in drie gespesialiseerde afdelings verdeel word om misdaad te bekamp, padveiligheid te verseker en openbare infrastruktuur te beveilig.

“Die eerste stroom sal fokus op verkeerswetstoepassing en nakoming van padveiligheidsmaatreëls, die versterking van provinsiale kapasiteit van polisiëring en die verbetering van verkeerspolisiëringskapasiteit,” het Lesufi verduidelik.

“Die tweede stroom fokus op sigbare polisiëring, misdaadvoorkoming en geïntegreerde operasies met die Suid-Afrikaanse Polisiediens, wat pogings ondersteun om misdaad in geïdentifiseerde brandpuntgebiede te bestry en gemeenskapsveiligheid te verbeter.”

“Die derde stroom sal beskermingsdienste verskaf, insluitend toegangsbeheer, CCTV-monitering, batebeskerming en vinnige reaksievermoëns oor provinsiale regeringsfasiliteite.”

 

 

Gekose beamptes sal ook oor uitgebreide bevoegdhede beskik om verdagtes sonder ’n lasbrief in hegtenis te neem.

Die opleidingsprogram wat vir drie maande vanaf 5 Oktober tot 20 Desember duur, sal by die provinsiale verkeerskollege plaasvind.

Die program behels ’n kombinasie van teoretiese en praktiese onderrig wat in lyn met die goedgekeurde nasionale kurrikulums.

Lesufi het benadruk dat wangedrag binne die geledere nie geduld sal word nie.

“Sedert die die program op die been gebring is, is 320 beamptes ontslaan ná dissiplinêre prosesse vir oortredings insluitend korrupsie, afwesigheid, kriminele gedrag en aksies wat die integriteit van die diens ondermyn het,” sê Lesufi.

Gewilde Nuus

Padlangs

’n Hart so taai soos Karoobos

Graffiti logo

Graffiti-boekeblad 19 Junie

Willie Aucamp

Willie Aucamp: Ek wil saam met die boere werk

Geordin_Hill-Lewis

Hill-Lewis had geen ander keuse

Dawie Roodt

Laer rentekoerse wink as vrede in Iran hou

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: The Citizen
OVK gaan saam met die polisie werk
Thoko Didiza
Speaker gaan nie hofaansoek teenstaan nie
Padlangs
’n Hart so taai soos Karoobos
Graffiti logo
Graffiti-boekeblad 19 Junie
Willie Aucamp
Willie Aucamp: Ek wil saam met die boere werk

Luister nou