Luister nou

Paul Kruger-beeld gevandaliseer

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die Paul Kruger-standbeeld op Kerkplein in die Pretoriase middestad is gisternag deur vandale beskadig.

Volgens die Pretoria-erfeniskomitee se Sakkie du Plooy is dié skokontdekking vroeg vanoggend deur skoonmakers gemaak.

Hy sê dit blyk dat die vandale die heining – wat Oom Paul en die boerekrygers moet beveilig – oopgesny en klippe gebruik het om die beelde van die vier krygers te beskadig. Een van die beelde se voet is afgekap.

Die beeld is in 1896 deur Anton van Wouw in opdrag van die bekende nyweraar, Sammy Marks, geskep wat ook die beeldhouwerk befonds het.

Du Plooy sê dit is nie die eerste keer dat die standbeeld beskadig word nie. ’n Groot gegote ystergedenkplaat aan die kant van Oom Paul se standbeeld is twee jaar gelede gesteel, maar dit is teruggevind.

Volgens inligting is daar nie polisieteenwoordigheid rondom kerkplein in die nag nie.

Du Plooy sê hulle is baie ontsteld oor die skade aan die beeld, aangesien hulle daarin kon slaag om vir die afgelope jaar die plein skoon te maak en toeriste weer na die gedenkwaardighede gelok is.

Besoeke word veral aan die ou Raadsaal gebring.

Foto’s: Sakkie du Plooy

4 Responses

  1. Ek het al lankal gesê dat daardie beelde vanaf Kerkplein geskuif moet word. ‘n Goeie terrein is naby die Voortrekkermonument. Baie toeriste het die Plein besoek oor die beelde en ook die omringende geboue. As die Plein ‘n vullishoop word, sal toeriste nie meer daar kom nie, want hulle voel nie veilig daar nie. Dit bly ‘n jammerte, want ek het ‘n “sagte plekkie in my hart” vir Pretoria, maar realisme oor die situasie is belangrik.

  2. Die Sondebokke is die EFF BY NAME MALEMA. HY HET DIE MOS GESE DIE BEELD MOET WEG.

    AFRIFORM EN ANDER ANDER AFRIKANER ORGANISAIE MOET N KLAG TEEN.DIE EFF LE VIR DIE VANDALISERING EN EIS DAT MALEMA EN SY BOODDOENERS BETAAL VIR DIE SKADE.

    AFRIKANER MOET OPRUK UNIGEBOU TOE WAAR DAAI REUSE BLOEDGELD STANDBEELD VAN DIE TERORIS MANDELA STAAN EN HOM OMSTOOT MET N BOELDOUSER.

  3. Die Sondebokke is die EFF BY NAME MALEMA. HY HET DIE MOS GESE DIE BEELD MOET WEG.

    AFRIFORM EN ANDER ANDER AFRIKANER ORGANISAIE MOET N KLAG TEEN.DIE EFF LE VIR DIE VANDALISERING EN EIS DAT MALEMA EN SY BOODDOENERS BETAAL VIR DIE SKADE.

    AFRIKANER MOET OPRUK UNIGEBOU TOE WAAR DAAI REUSE BLOEDGELD STANDBEELD VAN DIE TERORIS MANDELA STAAN EN HOM OMSTOOT MET N BOELDOUSER.

    HOOR GRAAG WAT ANDER WITAFRIKANE SE

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

horses vs bikes 4

NDBV gryp in by perde-teen-motorfietse-uitdaging

Afrikaner-vlugtelinge

Trump-regering wil tot 17 500 Afrikaner-vlugtelinge in VSA toelaat

Fotokrediet: Netwerk24

15 Nuwe kruise by Witkruismonument opgerig

Bergview

Oudskoolhoof: Aantygings het blywende skade gelaat

BKS-inenting

Privaatsektor kry groen lig om BKS-entstof in SA te vervaardig

Ander Nuus Artikels

Rooikruis
Kritiek pla Roets nie
National Mall
3 000 wit kruise vandag in Washington geplant
James Kemp
Daar is nie ’n “Afrikanerdebat” nie
horses vs bikes 4
NDBV gryp in by perde-teen-motorfietse-uitdaging
Afrikaner-vlugtelinge
Trump-regering wil tot 17 500 Afrikaner-vlugtelinge in VSA toelaat

Luister nou