Luister nou

Veterane tree nou ook op YouTube aan

Deur Redaksie

Die gewilde program Veterane, Tree Aan! is nou nie net meer op Pretoria FM te hore nie, maar kan nou ook op YouTube gevolg word. Dié program, wat onder leiding van die bekende omroeper, Martin Jansen, en brigadier Hennie Heymans staan, het ten doel om die verhale te vertel van die land se veterane wat voorheen diens in die weermag, polisie en ander veiligheidsinstellings gedoen het.

In die eerste episode wat op YouTube te sien is, gesels die span met die voormalige militêre geneesheer en bevelvoerder van die bekende 1 Militêre Hospitaal in Pretoria kol. (dr.) Georg Scharf. Dr. Scharf deel boeiende herinneringe uit sy diens op die grens, in die Bosoorlog en in Angola en bied eerstehandse insigte in die uitdagings, ervarings en mediese omstandighede van daardie tyd.

Pretoria FM se stasiebestuurder, James Kemp, sê die program het ten doel om die verhale te vertel wat andersins verswyg word.

“Dié veterane het ’n belangrike rol gespeel in die beveiliging van die land en die beskerming van die publiek. Ek is dankbaar dat Pretoria FM ’n platform kan bied waar die verhale, ook op kamera, vertel kan word.”

Veterane, Tree Aan! kan elke Dinsdagaand om 20:30 op Pretoria FM gehoor word. Nuwe episodes word dieselfde tyd op Pretoria FM se YouTube-kanaal gelaai. Die eerste episode kan hier gekyk word – https://www.youtube.com/watch?v=KVT81qju1e4&t=12s

 

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek –https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/10/NUUSWEEK-Uitgawe-89-23-Okt-2026-1.pdf

Gewilde Nuus

Placeholder_400x230

Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Internasionale Perspektief nuut

Wie gaan die middeltermynverkiesing in die VSA wen?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 23 Oktober 2026

Fotokrediet: BusinessTech

eThekwini beplan nuwe pretpark in Durban

ekonomie - Pretoria FM

Tesourie en Reserwebank se konsepreguleringsraamwerk word gepubliseer

Ander Nuus Artikels

Willie 2
Willie Spies: Alle partye is kleiner partye
Ernst Roets
Roets aanvaar parlement se uitdaging
Placeholder_400x230
Heksejag op Oppenheimer en Ansara
Internasionale Perspektief nuut
Wie gaan die middeltermynverkiesing in die VSA wen?
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 23 Oktober 2026

Luister nou