Die leiers van Skotland, Wallis en Noord-Ierland se nasionalistiese partye het hul reg op selfbeskikking en onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk beklemtoon.
Die SNP, Plaid Cymru en Sinn Féin het in Cardiff ’n ooreenkoms onderteken waarin hulle sê Westminster moet nie die mense se reg om oor hul eie toekoms te besluit, verhinder nie.
Die drie partye verskil egter oor die tydsberekening.
Die Skotse SNP wil ’n tweede onafhanklikheidsreferendum hê, Sinn Féin steun ’n stemming oor ’n verenigde Ierland, terwyl Plaid Cymru Walliese onafhanklikheid op langer termyn nastreef.
Die partye sê hul uiteindelike toekomsvisie is om deel van die Europese Unie te wees.