Luister nou

Oudskoolhoof: Aantygings het blywende skade gelaat

Deur Walter Ernst

“Wanneer vals bewerings deur die media of op sosiale media herhaal word, kan dit reputasies, loopbane en lewens vernietig.”

Só sê die voormalige hoof van Bergview College, Jaco Pieterse in ’n klankopname wat betroubaar onder Pretoria FM se aandag gebring is, wat gereageer het op die aankondiging deur AfriForum se privaat vervolgingseenheid dat hulle, onder leiding van adv. Gerrie Nel, strafregtelike klagte van naamskending teen die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula sal aanhangig maak.

Mbalula het op 1 April 2025 ná ’n ANC-vergadering ’n toespraak gelewer waarin hy Pieterse as ’n “dier” beskryf en gesê dat AfriForum ’n dier beskerm.

Pieterse sê dat dié ongetoetste bewerings ’n ingrypende invloed op sy lewe gehad het.

“In my geval het die bewerings nie net my loopbaan beëindig nie, my vrou moes ook haar onderneming sluit. Die verklarings wat in die media gemaak is, het ernstige en blywende skade  aan my reputasie, my gesin en ons vriende veroorsaak,” sê Pieterse.

 

Gewilde Nuus

Siviwe Gwarube

Implementering van handboekkatalogus duur voort ondanks haakplekke

Fotokrediet: CBS

Die wit bevolking in Suid-Afrika is besig om te krimp

Fotokrediet: eNCA

Vrou se liggaam in Moroka-dam gevind

Boer tot bord

Kos op die tafel is nie vanselfsprekend nie

Melanie 2

Ingryping by Gauteng-onderwys geëis

Ander Nuus Artikels

BKS-inenting
Privaatsektor kry groen lig om BKS-entstof in SA te vervaardig
Medies - Netwerk24
Raad van Gesondheidsorgfinansiers vra hervorming
Siviwe Gwarube
Implementering van handboekkatalogus duur voort ondanks haakplekke
Fotokrediet: CBS
Die wit bevolking in Suid-Afrika is besig om te krimp
Fotokrediet: eNCA
Vrou se liggaam in Moroka-dam gevind

Luister nou