Jaco Versfeld Aand

Saterdae
17:00 - 23:00

Luister nou

Volgende

Oortyd by Eskom kos meer as R3-miljard

Eskom het in die 2023/2024-boekjaar meer as R3-miljard aan oortydbetalings vir sy personeellede bestee.

Netwerk24 berig dat die minister van elektrisiteit, dr. Kgosientsho Ramokgopa die inligting bevestig het in antwoord op ‘n parlementêre vraag van die EFF-LP, Mandla Shikwambana.

Hy sê oortydbetalings word gemaak wanneer werknemers verplig word om na ure te werk soos byvoorbeeld wanneer daar ‘n noodgeval is wat buite werksure val. Sowat 92% van Eskom se arbeidsmag kwalifiseer vir oortydbetaling.

Shikwambana wou verder by die minister inligting hê oor die miljoene rand wat aan die kragvoorsiener se nie-uitvoerende direksielede betaal word. Hy het Ramokgopa uitgevra oor die 22 direksievergaderings wat gedurende die afgelope boekjaar gehou is en of dit beplan was én wat dit gekos het.

Volgens Ramokgopa was 10 van die vergaderings wel vooraf beplan.

Netwerk24 berig verder dat vyf van die 13 nie-uitvoerende direkteurs se jaarlikse direksiegelde vir die 2023/2024-boekjaar meer as R1-miljoen beloop het. Die grootste bedrag was R1,35 miljoen.

Die jaarlikse gelde vir die agt oorblywende nie-uitvoerende direksielede het minder as R1 miljoen beloop. Die laagste bedrag R676 000.

2 Responses

  1. Employ competent people with the will and integrity to work. Cause nobody at Eskom can pick up a phone. Lekker ou BBEE.

  2. Dit gaan darm lekker in die nuwe(?) Suid-Afrika. Geld is nie ‘n kwessie nie. Druk (print) net nuwe geld, dan kan ons weer uitgee. So maklik soos dit.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu

Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-

Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n

KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

GvZuflXXAAAZv4E

12 000 vernietigde vuurwapens nie verbind met sake wat in aardskuddende bewerings genoem is nie

GvZuflXXAAAZv4E

Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris

Ander Nuus Artikels

517024440_1301607634868916_5386749225797019254_n
Rowers wou slange vang
donald-trump-gettyimages-687193180
Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?
Caster
Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu
Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-
Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

Jaco Versfeld Aand

Saterdae
17:00 - 23:00

Luister nou

Volgende