Luister nou

Oortyd by Eskom kos meer as R3-miljard

Deur Pretoria FM Nuusspan

Eskom het in die 2023/2024-boekjaar meer as R3-miljard aan oortydbetalings vir sy personeellede bestee.

Netwerk24 berig dat die minister van elektrisiteit, dr. Kgosientsho Ramokgopa die inligting bevestig het in antwoord op ‘n parlementêre vraag van die EFF-LP, Mandla Shikwambana.

Hy sê oortydbetalings word gemaak wanneer werknemers verplig word om na ure te werk soos byvoorbeeld wanneer daar ‘n noodgeval is wat buite werksure val. Sowat 92% van Eskom se arbeidsmag kwalifiseer vir oortydbetaling.

Shikwambana wou verder by die minister inligting hê oor die miljoene rand wat aan die kragvoorsiener se nie-uitvoerende direksielede betaal word. Hy het Ramokgopa uitgevra oor die 22 direksievergaderings wat gedurende die afgelope boekjaar gehou is en of dit beplan was én wat dit gekos het.

Volgens Ramokgopa was 10 van die vergaderings wel vooraf beplan.

Netwerk24 berig verder dat vyf van die 13 nie-uitvoerende direkteurs se jaarlikse direksiegelde vir die 2023/2024-boekjaar meer as R1-miljoen beloop het. Die grootste bedrag was R1,35 miljoen.

Die jaarlikse gelde vir die agt oorblywende nie-uitvoerende direksielede het minder as R1 miljoen beloop. Die laagste bedrag R676 000.

2 Responses

  1. Employ competent people with the will and integrity to work. Cause nobody at Eskom can pick up a phone. Lekker ou BBEE.

  2. Dit gaan darm lekker in die nuwe(?) Suid-Afrika. Geld is nie ‘n kwessie nie. Druk (print) net nuwe geld, dan kan ons weer uitgee. So maklik soos dit.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Dr. Corné Mulder

VF Plus: Groen gaan dít vir gemeenskappe doen

El Nino

Boere moet nou al beplan vir die sterkste El Niño nóg

Witkruismonument 3 - Lex Libertas

Drie slagoffers van plaasaanvalle op pad na Washington

Internasionale Perspektief nuut

Trump moet op suksesrekord fokus en nie vreemde afleidings nie

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 11 September 2026

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: LekkeSlaap
Twee Oseane moedig pikkewyne aan om te broei
Fotokrediet: The Citizen
OVK se verslag oor politieke befondsing bekend
Padlangs
Voel jy soos die ou troosprysie?
Dr. Corné Mulder
VF Plus: Groen gaan dít vir gemeenskappe doen
El Nino
Boere moet nou al beplan vir die sterkste El Niño nóg

Luister nou