Landbou met Dian

Maandae tot Vrydae
12:30 - 13:00

Luister nou

Volgende

Munisipaliteite skuld Eskom saam meer as R100-miljard

Munisipaliteite wat Eskom saam meer as R100-miljard skuld het nog geen vordering gemaak om dié skuld te vereffen nie.

Die minister van elektrisiteit, dr Kgosientsho Ramokgopa, het dié nuus tydens ’n mediakonferensie in Johannesburg gedeel.

Hy sê wanbetalers het ’n ernstige negatiewe impak op die kragvoorsiener se inkomsteinvordering.

Eskom het onlangs ’n aggressiewer benadering aangeneem om te verseker dat munisipaliteite se skuld betaal word, maar ondanks die bevriesing van bankrekeninge en kragafsluitings bly die skuld aan Eskom toeneem.

Verlede jaar is die Emfuleni-metro se bankrekening bevries nadat hulle geen belangstelling getoon het om hulle skuld aan Eskom van R8-miljard te vereffen nie.

Die kragvoorsiener dreig ook reeds ‘n geruime tyd om dele van Johannesburg se kragtoevoer te sny weens uitstaande skuld.

Volgens Ramokgopa is hy ook bewus van die feit dat inwoners se skuld aan munisipaliteite meer as R300-miljard beloop.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

GoKlQThXEAE6Kax

Malusi Gigaba keer Showmax-episode “wat sy reputasie skade kan berokken”

PASPOORTE

Meningsopname: 49% van jong, opgeleide volwassenes sal emigrasie oorweeg

Zuma-Twitter-1

AfriForum kry lasbriewe gereed ná Zuma steeds nie vir regskoste opdok

Screenshot 2025-06-24 085457

Harrismith se naam ook nou in die visier

0001151506_resized_floydshivambu220820241022emacousphotography24

Floyd Shivambu sal nie ‘n MK-parlementslid wees nie

Ander Nuus Artikels

DADA2
ActionSA sal nié JHB-burgemeester tydens mosie van wantroue steun nie
ChatGPT Image Jun 25, 2025, 10_01_18 AM
Sportweddenskappe klop die “lotto”
GoKlQThXEAE6Kax
Malusi Gigaba keer Showmax-episode “wat sy reputasie skade kan berokken”
PASPOORTE
Meningsopname: 49% van jong, opgeleide volwassenes sal emigrasie oorweeg
Zuma-Twitter-1
AfriForum kry lasbriewe gereed ná Zuma steeds nie vir regskoste opdok

Landbou met Dian

Maandae tot Vrydae
12:30 - 13:00

Luister nou

Volgende