Luister nou

Munisipaliteite skuld Eskom saam meer as R100-miljard

Deur Pretoria FM Nuusspan

Munisipaliteite wat Eskom saam meer as R100-miljard skuld het nog geen vordering gemaak om dié skuld te vereffen nie.

Die minister van elektrisiteit, dr Kgosientsho Ramokgopa, het dié nuus tydens ’n mediakonferensie in Johannesburg gedeel.

Hy sê wanbetalers het ’n ernstige negatiewe impak op die kragvoorsiener se inkomsteinvordering.

Eskom het onlangs ’n aggressiewer benadering aangeneem om te verseker dat munisipaliteite se skuld betaal word, maar ondanks die bevriesing van bankrekeninge en kragafsluitings bly die skuld aan Eskom toeneem.

Verlede jaar is die Emfuleni-metro se bankrekening bevries nadat hulle geen belangstelling getoon het om hulle skuld aan Eskom van R8-miljard te vereffen nie.

Die kragvoorsiener dreig ook reeds ‘n geruime tyd om dele van Johannesburg se kragtoevoer te sny weens uitstaande skuld.

Volgens Ramokgopa is hy ook bewus van die feit dat inwoners se skuld aan munisipaliteite meer as R300-miljard beloop.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

J broodryk

Slagoffers van plaasaanvalle gemartel, verbrand en verwurg

Ernst Roets

Crossed Out: Dokkie ontketen ongemaklike gesprek

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 18 September 2026

Fotokrediet: Instagram

Polisie: “Die Ekurhuleni-moordverdagte is nie ’n Suid-Afrikaner nie”

Fotokrediet: InsureMyTrip

Daar heers onsekerheid oor die VSA se visumbeperkings

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: eNCA
Vrou se liggaam in Moroka-dam gevind
Boer tot bord
Kos op die tafel is nie vanselfsprekend nie
Melanie 2
Ingryping by Gauteng-onderwys geëis
J broodryk
Slagoffers van plaasaanvalle gemartel, verbrand en verwurg
Ernst Roets
Crossed Out: Dokkie ontketen ongemaklike gesprek

Luister nou