Luister nou

Mpumalanga-begrotingsrede: “LUR stel onbereikbare werkloosheidsdoelwit”

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die VF Plus sê die beloftes wat Mpumalanga se LUR vir finansies, Bonakele Majuba, in sy begrotingsrede vir die 2025/26-geldjaar gemaak het, is onuitvoerbaar weens die regering se “onvermoë om korrupsie te bekamp.”

Die VF Plus se provinsiale wetgewerlid, Werner Weber meen die provinsie sukkel om projekte soos die varsproduktemark en die prestasiesentrum af te handel, terwyl daar nie ’n duidelike plan is om die hoë werkloosheidskoers van 34,7% in die provinsie die hoof te bied nie.

Weber sê Majuba het in sy begrotingsrede ‘n provinsiale werkloosheidsyfer-teiken van 25% gestel. “Om dit te bereik moet die provinsie vir die volgende vyf jaar jaarliks tussen 50 000 en 60 000 nuwe en volhoubare werkgeleenthede skep.”

Weber sê hoewel befondsing vir toerisme verwelkom word, bly besteding aan projekte soos die Belfast-prestasiesentrum en ’n nuwe arena in Mbombela onaanvaarbaar.

Hy sê R111,6 miljoen word voorsien vir die instandhouding van natuurreservate, en R118 miljoen vir toerisme-ontwikkeling en bemarkingsinisiatiewe. Hy sê die VF Plus verwelkom bogenoemde aangesien toerisme die hart van die provinsie is. Plaaslike natuurreservate is in ‘n haglike toestand en wildstroping en -diefstal vier hoogty.

Die party eis dat geld eerder aan infrastruktuur en werkskepping toegeken moet word.

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Ernst Roets

Crossed Out: Dokkie ontketen ongemaklike gesprek

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 18 September 2026

Fotokrediet: Instagram

Polisie: “Die Ekurhuleni-moordverdagte is nie ’n Suid-Afrikaner nie”

Fotokrediet: InsureMyTrip

Daar heers onsekerheid oor die VSA se visumbeperkings

Fotokrediet: eNCA

Negende vrou se liggaam word in Oos-Rand gevind

Ander Nuus Artikels

Boer tot bord
Kos op die tafel is nie vanselfsprekend nie
Melanie 2
Ingryping by Gauteng-onderwys geëis
J broodryk
Slagoffers van plaasaanvalle gemartel, verbrand en verwurg
Ernst Roets
Crossed Out: Dokkie ontketen ongemaklike gesprek
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 18 September 2026

Luister nou