Die hooggeregshof in Johannesburg het Amber Lee-Hughes skuldig bevind vir die moord op die 4-jarige Nada-Jane Chalita in 2023. Sy is ook skuldig bevind op ’n aanklag van verkragting.
Lee-Hughes het tydens haar vorige hofverskyning skuld beken vir die moord op Nada-Jane, haar voormalige kêrel se dogtertjie.
Die hof het drie weke gelede die slotbetoë van die staat en die verdediging aangehoor. Regter Richard Mkhabela het vandag in sy uitspraak gesê Hughes was nie ‘n geloofwaardige getuie nie.
Die staat het aangevoer dat Nada-Jane se moord die gevolg was van ‘n dispuut tussen Hughes en die slagoffer se pa.