Die Motorbedryf Personeel Vereniging, Misa, sê hy is ernstig bekommerd oor moontlike stygings in brandstofpryse te midde van die konflik in Iran.
Die vereniging waarsku dat hoër brandstofkoste direk aan werkers en verbruikers oorgedra word, wat die lewenskoste verder verhoog.
Misa sê vervoer is reeds een van die grootste maandelikse uitgawes vir huishoudings, en enige styging vererger finansiële druk.
Die vakbond sê die regering het nog nie die brandstofprys-metodologie hervorm nie, wat beteken dat werkers en verbruikers steeds aan herhaalde verhogings blootgestel word sonder aanspreeklikheid.
Misa sê hoër brandstofpryse raak ook die motorbedryf, waar takke en werkswinkels se bedryfskoste styg en werkgeleenthede bedreig word.
Die vereniging eis dat die regering brandstofpryse meer bekostigbaar en deursigtig maak en werkers beskerm teen die gevolge van beleidsfoute.