Die minister van kommunikasie en digitale tegnologie, Solly Malatsi, sê daar word planne beraam om spesifieke podsendings ingevolge nuwe konsepwetgewing te reguleer.
Hy het op ‘n vraag van die EFF in die parlement gereageer en sê daar is ‘n witskrif op oudio- en oudiovisuele mediadienste en aanlyn veiligheid en daar word oorweeg of podsendings deel van die konsepwet behoort te word.
Podsendings val nie onder die bestaande Wet op Elektroniese Kommunikasie nie.
Malatsi sê egter indien podsendings deur die konsepwet gedek word, sal dit nie vryheid van spraak inperk nie.