Die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa sê die voorwaardes van die R13-miljard befondsing, wat groot Westerse moöndhede aangebied het om Eskom te help om sy koolstofvrystellings te verminder, is nie aantreklik genoeg nie.
Die kragvoorsiener wil nou eerder banke en ander instansies vir befondsing nader.
Die International Partners Group wat uit die VSA, Verenigde Koninkryk, Europese Unie, Frankryk en Duitsland bestaan, het $8,5-miljard aangebied om Suid-Afrika met sy energie-oorgang te help.
Die behels dat Eskom se steenkool-opwekkingsvloot uit gefaseer word en dat daar meer op hernubare energie staatgemaak word.
Die kragvoorsiener sê egter hy kan goedkoper befondsing elders kry.