Marelize Maré
Die Matrikulante van 2025 het die hoogste slaagsyfer in die land se geskiedenis gekry, met net meer as 88-persent.
Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, sê 656 000 van die meer as 700 000 kandidate het die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen geslaag.
Gwarube het gister gesê die uitslae is weens harde werk van leerlinge, onderwysers en ouers.
KwaZulu-Natal se slaagsyfer was die hoogste met 90,6%, terwyl die Vrystaat en Gauteng ‘n slaagsyfer van net meer as 89% aangeteken het.
Noordwes en die Wes-Kaap het goed presteer met ‘n slaagsyfer van nagenoeg 88%, terwyl 87,79% leerlinge in die Noord-Kaap die eksamen geslaag het.
Mpumalanga en Limpopo het elkeen ‘n slaagsyfer van net meer as 86% gehad en in die Oos-Kaap het 84,17% van die leerlinge geslaag.