Luister nou

Matrieks van 2025 het hoogste slaagsyfer ooit

Deur Pretoria FM Nuusspan

Marelize Maré

Die Matrikulante van 2025 het die hoogste slaagsyfer in die land se geskiedenis gekry, met net meer as 88-persent.

Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, sê 656 000  van die meer as 700 000 kandidate het die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen geslaag.

Gwarube het gister gesê die uitslae is weens harde werk van leerlinge, onderwysers en ouers.

KwaZulu-Natal se slaagsyfer was die hoogste met 90,6%, terwyl die Vrystaat en Gauteng ‘n slaagsyfer van net meer as 89% aangeteken het.

Noordwes en die Wes-Kaap het goed presteer met ‘n slaagsyfer van nagenoeg 88%, terwyl 87,79% leerlinge in die Noord-Kaap die eksamen geslaag het.

Mpumalanga en Limpopo het elkeen ‘n slaagsyfer van net meer as 86% gehad en in die Oos-Kaap het 84,17% van die leerlinge geslaag.

Gewilde Nuus

Mbalula warns those assaulting on-duty police officers

Massaskietvoorvalle eis reeds 100de

Orania

Oraniërs stem anders in komende verkiesing

Ernst Roets

Wit kruise nou na Uniegebou

Kallie Kriel, Flip Buys, Dirk Hermann

VSA-debat jaag temperature op

Willie Spies

VF Plus soek kundiges om kragonderbrekings te bekamp

Ander Nuus Artikels

Internasionale Perspektief nuut
VSA onttrek finaal uit Irak te midde van volgehoue onstabiliteit
V (1)
Eerste skenkerleweroorplantings by Raslouw Private Hospital
V
Gryskrag: SASSA-toelaes moet nie van uitgerekte kaartproses afhang nie
Mbalula warns those assaulting on-duty police officers
Massaskietvoorvalle eis reeds 100de
Orania
Oraniërs stem anders in komende verkiesing

Luister nou