Die minister van minerale en petroleumbronne, Gwede Mantashe, het Suid-Afrikaners weereens verseker dat Suid-Afrika nie ’n brandstoftekort sal ervaar nie, ten spyte van die skerp stygings weens wêreldwye onstabiliteit.
Mantashe het sy departement se begroting van R2,86 miljard vir die 2026/27-boekjaar in die parlement ter tafel gelê.
Hy het beklemtoon dat die land dringend sy eie raffineervermoë moet herstel en uitbrei.
Volgens hom voorsien plaaslike raffinaderye slegs 40% van die land se behoeftes, wat Suid-Afrika te afhanklik van invoere maak.
Mantashe het óók gewaarsku dat die verligting op die brandstofheffing tans bloot tydelik is.