Luister nou

KYK: NWU gevra om “sangoma-ritueel” by Potchefstroom-koshuis te ondersoek

Deur Pretoria FM Nuusspan

Waarskuwing: Die onderstaande videos kan sensitiewe kykers ontstel. 

AfriForum Jeug doen ‘n beroep op die Noordwes-Universiteit (NWU) om ‘n formele ondersoek te doen nadat ’n ritueel deur ’n “sangoma, wat met bloedstollende gille gepaard gegaan het, na bewering in ’n dameskoshuis in Potchefstroom plaasgevind het.”

‘n Video waarin die gille gehoor kan word, is aan AfriForum verskaf. Die naam van die koshuis word weerhou om die betrokke studente se identiteite te beskerm.

‘n Jeugbeampte by AfriForum Jeug, Yvonne Gerber, sê die voorval het op Sondagaand, 13 April, net na 22:00 plaasgevind.

Gerber sê die ritueel, wat in ’n koshuiskamer op ’n inwoner van die koshuis uitgevoer is, het na bewering gebede aan voorvadergeeste en ander tradisionele praktyke ingesluit wat met tradisionele genesing deur sangomas verband hou. Op die klank- en beeldmateriaal wat inwoners van die spesifieke koshuis aan AfriForum Jeug gestuur het, kan gille – vermoedelik dié van die student wat deur die sangoma behandel is – duidelik gehoor word.

Volgens Gerber het hierdie gebeure die ander meisies in die koshuis paniekbevange gelaat.

Die organisasie het intussen ook verneem dat dit glo nie die eerste sangoma-verwante voorval in die betrokke koshuis was nie. “Studente het ons in kennis gestel dat hulle na ‘n soortgelyke voorval, sowat ‘n maand gelede die koshuismoeder oor die voorval ingelig het.”

LEES OOK: NWU-rugbykoshuis binnekort na Siya Kolisi vernoem

Gerber sê volgens die studente was die koshuismoeder se reaksie na bewering minagtend en die studente is bloot aangesê “om nie bang te wees nie”.

Sy meen dit is duidelik dat koshuisbestuur nie insien watter emosionele en sielkundige impak voorvalle soos dié op ander inwoners het nie.

Die jeugorganisasie het gister inligting rakende die voorval, en ’n stel eise in ’n brief aan die registrateur van die NWU, prof. Marlene Verhoef, uiteengesit. Gerber sê hulle het dit in die brief duidelik gestel dat hulle kommernis, en die eise nie weens enige vorm van geloofs- of kulturele onverdraagsaamheid is nie.

Volgens Gerber is wedersydse respek en die verantwoordelike bestuur van gedeelde universiteitsruimtes, belangrik vir die organisasie.

“Ons vra onder meer dat die universiteit ‘n duidelike standpunt en beleid oor die beoefening van geloofs- en kulturele rituele in koshuise moet saamstel.” Die organisasie vra ook dat toegewyde ruimtes vir die beoefening van soortgelyke rituele of seremonies, in koshuise oorweeg word.

Die organisasie vra ook dat traumaberading beskikbaar gestel moet word aan inwoners van die koshuis wat emosioneel deur die voorval geraak is.

Kyk hier na die eerste beweerde voorval in dieselfde koshuis in Maart vanjaar. 

Die beweerde voorval van 13 April: 

 

4 Responses

  1. Grusaam en satanies. Uit die put van hel. Geen kind/ mens moet blootgestel word aan trauma, sataniese ritueel gebruike nie. So iets moet met doodstraf stop gesit word.

  2. Sangoma rituals should be conducted in a specific setting such as their their own homes because of the sangoma’s affiliation with demons.

  3. Net n reminder vir die sangoma, duiwel en demone, julle toekoms is die hel. Dit is tyd dat Christians in Suid-Afrika op hulle kniee kom. Hierdie onheil is SA is omdat ons God verlaat het.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Tech Central

SAUK beplan om lisensiestelsel te vervang

Aerial view of Cape Town, South Africa on a sunny afternoon. Photo taken from a helicopter during air tour of Cape Town

Honderde duisende toeriste besoek SA in Junie

Fotokrediet: hafen-hamburg

Groot olietenksip in Durban se droogdok

Fotokrediet: IG

Oliepryse styg weer skerp

Fotokrediet: AfriForum

Departement van Onderwys in Gauteng se aanlyn-aansoeke byna oop

Ander Nuus Artikels

Bevolking-SA
SA se bevolking op 63,5 m. geraam
Rybewys
Suid-Afrikaanse rybewyse nou 10 jaar geldig
Fotokrediet: jacaranda fm
Padverkeersbestuurskorporasie oor sindikaat
Fotokrediet: Tech Central
SAUK beplan om lisensiestelsel te vervang
Aerial view of Cape Town, South Africa on a sunny afternoon. Photo taken from a helicopter during air tour of Cape Town
Honderde duisende toeriste besoek SA in Junie

Luister nou