Luister nou

SA Airlink word steeds ondersoek

Deur Marelize Maré

Die Suid-Afrikaanse Burger Lugvaartowerheid, SABLO, beoordeel steeds Airlink se lae verbyvlug oor Kaapstad-stadion voor die Springbokke se wedstryd teen die All Blacks.

Die Vliegtuig Eienaars en Vlieëniers Vereniging van Suid-Afrika sê die voorval kan die einde van toekomstige vliegvertonings beteken.

Die vereniging se president, Chris Martinus, sê hoewel die kans op ’n ongeluk klein was, kon enige fout weens die groot skare rampspoedige gevolge gehad het.

Hy sê die normale hoogte vir ’n vliegvertoning oor ’n opelugbyeenkoms is 3 000 voet, terwyl die Airlink-vliegtuig volgens hom sowat 40 voet bo die stadion gevlieg het.

Hy hoop vliegvertonings sal steeds op veilige, redelike hoogtes toegelaat word.

Intussen het Airlink sy aansoek vir ’n soortgelyke vliegvertoning by FNB-stadion dié naweek teruggetrek.

Gewilde Nuus

Mbalula warns those assaulting on-duty police officers

Massaskietvoorvalle eis reeds 100de

Orania

Oraniërs stem anders in komende verkiesing

Ernst Roets

Wit kruise nou na Uniegebou

Kallie Kriel, Flip Buys, Dirk Hermann

VSA-debat jaag temperature op

Willie Spies

VF Plus soek kundiges om kragonderbrekings te bekamp

Ander Nuus Artikels

Internasionale Perspektief nuut
VSA onttrek finaal uit Irak te midde van volgehoue onstabiliteit
V (1)
Eerste skenkerleweroorplantings by Raslouw Private Hospital
V
Gryskrag: SASSA-toelaes moet nie van uitgerekte kaartproses afhang nie
Mbalula warns those assaulting on-duty police officers
Massaskietvoorvalle eis reeds 100de
Orania
Oraniërs stem anders in komende verkiesing

Luister nou