Argeoloë het ’n belangrike ontdekking in die Pafuri-gebied van die Nasionale Krugerwildtuin gemaak wat nuwe lig werp op pre-koloniale handel in die Limpopo-vallei.
Duisende glas krale, wat volgens chemiese ontleding hoofsaaklik in Suidoos-Asië vervaardig is, is by die Gwalala-heuwel gevind.
Dit dui daarop dat die gebied nagenoeg 600 tot 800 jaar gelede deel was van uitgebreide handelsnetwerke wat tot by die kus van Mosambiek gestrek het.
Navorsers sê die nedersetting was waarskynlik ’n belangrike handelsentrum waar rykdom en status opgebou is.
Bewyse van hutvloere, graanopbergingsplekke, landbouterrasse en metaalbewerking is ook gevind.