Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, sê basiese onderwys in Suid-Afrika is by ‘n kruispad.
Sy het gister by die departement van basiese onderwys se lekgotla in Boksburg gesê die land se geletterdheids- en syfervaardigheidskrisis dra uiteindelik by dat leerlinge uitval en vereis dringende en beslissende optrede.
Die lekgotla dien as ‘n jaarlikse strategie-sessie vir refleksie, dialoog en beplanning en daar sal vanjaar onder meer gefokus word op die verbetering van toegang tot en gehalte van vroeë kinderontwikkeling, die versterking van geletterheids- en syfervaardigheid in alle skoolfases.
President Cyril Ramaphosa sal na verwagting vandag die hoofrede op die lekgotla lewer.