Die Parlement se portefeuljekomitee oor sport, het ’n skerp verslag oor die bestuur van Atletiek Suid-Afrika uitgereik en het die ontbinding van die organisasie se raad aanbeveel.
Die komitee sê die federasie het versuim om sy finansiële en bestuursverantwoordelikhede na te kom en kan nie meer atlete se belange beskerm nie.
Volgens die komiteevoorsitter Joe McGluwa is daar reeds lank gewag op verbetering, maar die probleme is steeds nie opgelos nie.
Die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie het 14 dae gekry om op die aanbevelings te reageer.