Luister nou

Kersvader maak ’n Pretoriase draai

Deur Pretoria FM Nuusspan

Esmarie Yssel Dis die tweede agtereenvolgende jaar wat Silverton in Pretoria op Kersvader se roetekaart vir spesiale besoeke is. Inwoners, minderbevoorregtes en kinders van dié en omliggende woonbuurte gaan vanaand met harte vol afwagting in hul beddens kruip, omdat Kersvader môreoggend met twee vragmotors vol geskenkpakkies die strate met vreugde en Kersfeesgees gaan vul. Die afgetrede plaaslike egpaar, Danie en Marietjie van Deventer staan aan stuur van dié Christmas Run  – wat dit namens die Silverton/Meyerspark/Weavindparkbuurtwag tot uitvoer bring. Hul woning is tans propvol sakke met sowat 3-duisend bederfpakkies wat names Kersvader gepak en gestoor word. Die man met sy wit baard en rooi pak begin môre om 9:00 deur Meyerspark, Voëltjiedorp en Silverton – aan die bokant van Pretoriaweg – beweeg. Die tweede vragmotor met nóg ’n Kersvader – dalk die ware een se ewebeeld – beweeg dieselfde tyd deur Weavindpark en Silverton – aan die onderkant van Pretoriaweg. Daar sal by 20 punte gestop word, sodat ieder en elk om 16:30 met ’n groot glimlag huiswaarts kan keer.  
Marietjie en Danie van Deventer het die "Christmas Run" verlede jaar in Silverton begin.

Gewilde Nuus

Mteto Nyati - TechCentral

Eskom het ’n oorskot elektrisiteit

Fotokrediet: Netwerk24

Ontdekking in Pafuri-gebied dui op pre-koloniale handel

Brandstof 1

Brandstofpryse styg hoër vanaf middernag

Stefan2

Tembisa-tenderskandaal: Beweerde meesterbrein kry borgtog

Sisi Khampepe chairperson  of the TRC commission of inquiry in Johannesburg. Photo Veli Nhlapo

Konstitusionele hof wys aansoek van die hand

Ander Nuus Artikels

Amazon-logo
Solidariteit ondersoek Amazon se beweerde rasse-uitsluiting
Anil-Sooklal
SA hoë kommissaris in Indië vrygespreek ná Zuma-Gupta-besoek
Charlie Kirk 1
Tyler Robinson moet tereg staan vir die moord op Charlie Kirk
Mteto Nyati - TechCentral
Eskom het ’n oorskot elektrisiteit
Fotokrediet: Netwerk24
Ontdekking in Pafuri-gebied dui op pre-koloniale handel

Luister nou