Luister nou

Indië kelder Kiwi-kolwers; hou T20-trofee omhoog

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die Indiese krieketspan het die eerste span geword om hul T20-wêreldbekertitel suksesvol te verdedig, nadat hulle Nieu-Seeland by die Narendra Modi-stadion in Ahmedabad gemaklik met 96 lopies in die eindstryd van dié toernooi geklop het. Indië, wat vanjaar se toernooi saam met Sri Lanka aangebied het, is boonop die eerste land wat dié gesogte titel vir ‘n derde keer inpalm. (2007 en 2024)

Sanju Samson, wat ook as Speler van die Toernooi aangewys is, het die Indiese aanslag gelei deur 89 lopies van 46 balle aan te teken, nadat hulle ingestuur is om eerste te kolf. Abhishek Sharma (52 van 21) en Ishan Kishan (54 van 25) het ook vinnige vyftigtalle aangeteken. Indië het ’n indrukwekkende 255/5 in hul toegelate 20-boulbeurte aangeteken, wat nie net die hoogste telling by dié veld is nie, maar ook die hoogste telling ooit in ’n T20-wêreldbekereindstryd.

Nieu-Seeland het vroeg in hul beurt groot druk ervaar en net Tim Seifert (52) kon werklik met die kolf bydra. Axar Patel het tot groot vermaak van sy tuisskare drie paaltjies geneem, terwyl Jasprit Bumrah met 4/15 die laaste paaltjies laat kantel het.

Alhoewel Mitch Santner 43 lopies geslaan het, kon die Swart Pette slegs 159 lopies aanteken voordat almal binne 19 boulbeurte terug in die pawiljoen was.

Bumrah, wat hom al deur en deur as een van Indië se staatmakers onderskei het, se boulvertoning het aan hom die Speler van die Wedstryd-toekenning besorg.

Geskryf deur: Liezil van der Schyff

Fotokrediet: T20 World Cup

Fotokrediet: Indian Cricket Team-Facebookblad

 

Gewilde Nuus

Untitled design (18)

Spies staan familie by van man wat ná rugby sterf

Untitled design (17)

Laaste wit president in Afrika sterf

Graffiti logo

Graffiti-boekeblad 17 Julie 2026

Fotokrediet: The Citizen

Hoës vergader vandag oor uitbetalings aan munisipaliteite

Fotokrediet: Reuters

Burnham verkies as leier van Arbeiders

Ander Nuus Artikels

Padlangs
Hart en houtskool
DCIM100MEDIADJI_0626.JPG
Ligte, kameras, rugby!
Untitled design (19)
Iran kan meer pyn as die VSA absorbeer
Untitled design (18)
Spies staan familie by van man wat ná rugby sterf
Untitled design (17)
Laaste wit president in Afrika sterf

Luister nou