Luister nou

Hof stop ook nou amptelik die BTW-verhoging

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die Wes-Kaapse Hoogeregshof het die BTW-verhoging, wat op 1 Mei in werking sou tree, amptelik gestop.

Die hof het vandag uitspraak gelewer in die DA en die EFF se hersieningsaansoek, wat verlede week Dinsdag aangehoor is.

In ‘n kort uitspraak het die hof gesê dat die minister van finansies Enoch Godongwana se aankondiging oor die 0,5% BTW-verhoging, sowel as die parlement se aanvaarding van die fiskale raamwerk, ter syde gestel is.

Die uitspraak volg na Godongwana vroeër vandag aangedui het dat hy sy teenkanting teen die DA en die EFF se hofsaak laat vaar het.

2 Responses

  1. Dit is ‘n baie goeie uitspraak. Die ANC kan nie vertrou word met slegs mondelinge uitsprake nie. Die hof het nou verseker dat hierdie mondelinge uitspraak “op skrif gestel word”.

  2. More, kan die arrogansie van die anc nie verstaan nie. Hulle wil iets instel ten alle koste en wanneer hulle hof toe gesleep word wil hulle hulleself prys dat dit nie deur gevoer word nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Instagram

Berigte oor verdagte wat na Potchefstroom skuif, is vals

Fotokrediet: WLRN

VSA se nuwe visumbeperkings

Fotokrediet: AfriForum

Nuwe verslag oor buitensporige geweld tydens plaasaanvalle

Fotokrediet: WikiWand

Partye sê hulle het reg op selfbeskikking

Fotokrediet: LekkeSlaap

Twee Oseane moedig pikkewyne aan om te broei

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: eNCA
Negende vrou se liggaam word in Oos-Rand gevind
Ronald Lamola - TimesLive
SA kap terug teen die VSA se visumbeperkings
Misdaadtoneel-Ekurhuleni
DA bied halfmiljoen aan vir leidrade na die Ekurhuleni-moordenaar
Fotokrediet: Instagram
Berigte oor verdagte wat na Potchefstroom skuif, is vals
Fotokrediet: WLRN
VSA se nuwe visumbeperkings

Luister nou