Die Hoërskool Middelburg, in die Oos-Kaap het in ’n dringende kennisgewing aangekondig dat die skool vanaf Maandag, 18 Mei, tot verdere kennisgewing gesluit sal wees.
Die beheerliggaam sê die besluit volg nadat die departement van onderwys volgens hulle herhaaldelik versuim het om opvoeders aan te stel en te betaal, wat die skool gedwing het om sedert 2025 salarisse uit eie beperkte fondse te betaal.
Die skool sê die bedrag is tot dusver meer as R700 000.
Volgens die beheerliggaam is die finansiële las onvolhoubaar, en hulle waarsku dat die skool se operasionele voortbestaan in gedrang is totdat die departement sy verpligtinge nakom.