Luister nou

Girls High-skoolhoof slaan terug ná skuldigbevinding op twee aanklagtes

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die skoolhoof van die Pretoria High School for Girls, Phillipa Erasmus, gaan haar tot die Raad op Arbeidsverhoudinge in die Onderwyssektor wend, nadat sy op slegs een van die drie klagtes teen haar onskuldig bevind is.

Sy is vroeër vanjaar vir drie maande sonder salaris geskors, nadat die departement van onderwys in Gauteng haar skuldig bevind het op twee van die klagtes teen haar.

Die klagtes hou verband met die skorsing van 12 matriekmeisies in 2023, versuim om die beheerliggaam se beleid oor personeelwerwing en bevordering uit te voer en wangedrag toe sy aan haar eggenoot, Mike, toestemming gegee het om ‘n skoolvoertuig te gebruik. Hy het die skool se tuine op vrywillige basis help instandhou en die tuinwerkers bestuur en die voertuig gebruik om dié werk te kan doen.

Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie – waarvan Erasmus ’n lid is – het intussen appèl teen die bevindinge en straf by die LUR vir onderwys in Gauteng, Matome Chiloane, aangeteken.

Erasmus is vir ‘n maand sonder betaling geskors en het ‘n laaste skriftelike waarskuwing ontvang.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

V (3)

Minder reise gaan lei tot minder vulstasies

V (2)

Geen politieke wil om plaasaanvalle stop te sit

Roelf Meyer by 'n kunsuitstalling in Washington.

Daarom was Roelf Meyer nie by Witkruisprojek

Internasionale Perspektief nuut

ANC se linkse vriende val een ná die ander

Grasland Nasionale Park 1

Nuwe Grasveld Nasionale Park in Oos-Kaap afgekondig

Ander Nuus Artikels

Padlangs
Kragdadigheid van ’n boer
Israel
7 Oktober: Waar bevind die wêreld hulself 3 jaar later?
AfriForum
AfriForum ondersoek brandstofheffings self
V (3)
Minder reise gaan lei tot minder vulstasies
V (2)
Geen politieke wil om plaasaanvalle stop te sit

Luister nou