Luister nou

Groot dele van Gauteng dié naweek sonder water

Deur Pretoria FM Nuusspan

Walter Ernst

Gautengse inwoners moet voorbereid wees op die ontwrigting van watervoorsiening van môre tot Maandag.

Rand Water gaan beplande instandhouding aan noodsaaklike infrastruktuur doen. Hierdie opgraderings het ten doel om die aanleg se betroubaarheid en doeltreffendheid te verhoog. Die herstelwerk sal in verskeie fases plaasvind en is spesifiek beplan vir Desember 2025 en Januarie 2026, wanneer waterverbruik laer is.

Die eerste fase begin môreoggend om 4-uur by die Zuikerbosch-watersuiweringsaanleg en duur tot Maandag om 4-uur. Verdere opknappings sal in die tweede en derde fases volg, vanaf 19 Desember tot 6 Januarie. Gebiede wat geraak sal word, sluit dele van Pretoria, Johannesburg en Ekurhuleni in.

Rand Water doen ’n beroep op huishoudings om water spaarsaam te gebruik ten einde enige negatiewe impak te bestuur.

Beskou die lys van gebiede wat geraak word in dié mediaverklaring:

Fotokrediet: iStock/RapidEye

Gewilde Nuus

Fotokrediet: Adventure Life

Reuseskilpaaie word op Seychelle-eiland ontdek

Brandende motor - IOL

Teen-immigrasiebetogings lei tot geweld

Matrieks

Umalusi gereed vir matriekeindeksamen ondanks tekort aan nasieners

Fotokrediet: Instagram

Lex Libertas reageer op die jongste plaasmoord

Fotokrediet: Remitly

SA se finansiële vertroue bly stabiel

Ander Nuus Artikels

Internasionale Perspektief nuut
ANC se linkse vriende val een ná die ander
Grasland Nasionale Park 1
Nuwe Grasveld Nasionale Park in Oos-Kaap afgekondig
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 9 Oktober 2026
Fotokrediet: Adventure Life
Reuseskilpaaie word op Seychelle-eiland ontdek
Brandende motor - IOL
Teen-immigrasiebetogings lei tot geweld

Luister nou