Luister nou

“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die minister van finansies, Enoch Godongwana, sê géén hofbevel sal die 0,5% BTW-verhoging kan omkeer nie.

Godongwana het in sy beantwoorde hofstukke op die DA en die EFF se dringende hofaansoek oor die BTW-verhoging gesê dat die besluit om BTW te verhoog, reeds geneem is en nie omgekeer kan word nie.

Hy het ook ontken dat die besluit om BTW te verhoog, onwettig is.

Die DA en die EFF voer aan dat die aanvaarding van die fiskale raamwerk ongeldig en onwettig is, en dat die regte prosedures nie gevolg is nie.

Godongwana het die hof gevra om die partye se aansoek van die hand te wys.

One Response

  1. In daardie geval moet die publiek hulle stemme dik maak. Wat kan die regering teen 50 miljoen mense doen?

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

BKS-inenting

Privaatsektor kry groen lig om BKS-entstof in SA te vervaardig

Medies - Netwerk24

Raad van Gesondheidsorgfinansiers vra hervorming

Siviwe Gwarube

Implementering van handboekkatalogus duur voort ondanks haakplekke

Fotokrediet: CBS

Die wit bevolking in Suid-Afrika is besig om te krimp

Fotokrediet: eNCA

Vrou se liggaam in Moroka-dam gevind

Ander Nuus Artikels

Afrikaner-vlugtelinge
Trump-regering wil tot 17 500 Afrikaner-vlugtelinge in VSA toelaat
Fotokrediet: Netwerk24
15 Nuwe kruise by Witkruismonument opgerig
Bergview
Oudskoolhoof: Aantygings het blywende skade gelaat
BKS-inenting
Privaatsektor kry groen lig om BKS-entstof in SA te vervaardig
Medies - Netwerk24
Raad van Gesondheidsorgfinansiers vra hervorming

Luister nou