Luister nou

Die werkloosheidsyfer daal effens tot 31,9%

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die werkloosheidsyfer het in die vierde kwartaal van 2024 effens gedaal van 32,1% in die derde kwartaal tot 31,9%.

Die werkloosheidsyfer is vanoggend deur Statistiek Suid-Afrika bekend gemaak. Luidens dié data was daar in die laaste deel van 2024 132 000 méér werknemers, wat die totale werksmag in Suid-Afrika tot 17,1-miljoen gebring het.

Volgens die SSA was daar 20 000 minder werklose mense, wat die totaal tot op 8-miljoen te staan bring.

Ontmoedigde werksoekers het met 3,3% tot 111 000 gestyg. Die uitgebreide werkloosheidsyfer het in die vierde kwartaal onveranderd gebly teen die derde kwartaal met 41,9%.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Boer tot bord

Kos op die tafel is nie vanselfsprekend nie

Melanie 2

Ingryping by Gauteng-onderwys geëis

J broodryk

Slagoffers van plaasaanvalle gemartel, verbrand en verwurg

Ernst Roets

Crossed Out: Dokkie ontketen ongemaklike gesprek

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 18 September 2026

Ander Nuus Artikels

Siviwe Gwarube
Implementering van handboekkatalogus duur voort ondanks haakplekke
Fotokrediet: CBS
Die wit bevolking in Suid-Afrika is besig om te krimp
Fotokrediet: eNCA
Vrou se liggaam in Moroka-dam gevind
Boer tot bord
Kos op die tafel is nie vanselfsprekend nie
Melanie 2
Ingryping by Gauteng-onderwys geëis

Luister nou